Hier, langs die B4 wat van Keetmanshoop af Lüderitz toe loop – halfpad tussen Seeheim en Goageb – het Frikkie en Hilde Mouton ’n oase raakgeboor.


Kom eet ontbyt of middagete op die koel restaurantstoep, die eertydse Siplon-stasiegebou. Bestel dan Hilde se appeltert vir nagereg, kyk hoe die stoomtrein verbykom... en wens jy kan sommer ’n paar dae net hier bly sit. Wel, jy kan – die lodge het tien huisies, elk met ’n uitsig oor ’n watergat waar gemsbokke en koedoes saans kom suip.

Die Moutons het ’n verstommende versameling beeskloutjies of lewende stene (lithops) – vra vir Frikkie om vir jou die kwekery te gaan wys. Hier’s ook ’n swembad waarin jy kan duik voordat julle volmaak om verder te ry (jip, hier is ’n vulstasie).


Waar? Halfpad tussen Seeheim en Goageb, op die D462, 2 km suid van die aansluiting met die B4. 

Kontak: 00 264 63 683 415; altekalkofen.com