Dié winkeltjie is al vir meer as 40 jaar ’n instelling in die Boland



As julle weer afry Kaap toe vir vakansie of in die Kaap bly, stop gerus by die Strawberry King-padstal buite die Paarl. Dié winkeltjie is al vir meer as 40 jaar ’n instelling in die Boland en hoogsomer gons dit behoorlik van al die besoekers wat indraai vir ’n boksie aarbeie.

En varser gaan jy nie sommer kry nie – die ryprooi aarbeie kom van die Bourbon-Leftley-familie se plase rondom die Paarl en daar word tot tien keer per dag aarbeie gepluk. Ons praat letterlik van tonne aarbeie per seisoen! Hier’s ook roomys, aarbeikonfyt en aarbeistroop te koop. 

Wanneer? Strawberry King is binne seisoen (Julie-Desember) sewe dae per week oop, van 8 vm.- 6 nm. 

Waar? Op die suidelike punt van die Paarl se Hoofstraat/R45. Neem afdraai 55 van die N1 af en draai dan op die R45 in die rigting van Franschhoek/Klapmuts. Strawberry King is ’n aarbeigooi verder aan. 

GPS: S33.780480 E18.954988

Kontak: 021 863 3230