Clanwilliam dien as die basis waarvandaan stappers die Pakhuispas, Heuningvlei en die plase Dwarsrivier en Boskloof te voet verken. Jy stap daagliks sowat 12 km en stop langs die pad vir ’n teebreuk en om foto’s te neem. Stappers slaap oor op Heuningvlei. 

Die Klein-Krakadouw is deel van ses Sederberg-erfenisroetes wat stappers aan die plaaslike gemeenskappe bekend stel. Van die gidse wat stappers vergesel, kom uit hierdie gemeenskappe en stappers kan oornag in huise en gastehuise in die plaaslike gemeenskappe. 

Jy kan ook kies om die eerste dag die roete op ’n donkiekar aan te pak, maar daar mag dele wees wat jy gaan moet afklim en self loop, veral teen die steiltes.   

’n Maksimum van 18 mense kan saam stap. 

Koste: Vir 2 nagte: R4 550 p.p.p.d. vir slegs 2 mense. (Op ’n volbespreekte stap van 18 mense daal die p.p.-tarief tot R2 525.) Vir 3 nagte: vanaf R3 575 p.p.p.d. vir ’n groep van 6 en tot R5 400 p.p.p.d. vir slegs 2 mense. (Op ’n volbespreekte stap daal die die p.p.-tarief tot R3 150.) Die prys sluit blyplek, gidse en permitte in en jou bagasie word daagliks na die volgende oornagpunt vervoer. 

Kontak: 083 468 8030; cedheroute.co.za