Zinkwazi is aan die buitewyke van die byenes wat aan die KwaZulu-Natalse Noordkus vaskleef. Jy soek vergeefs na Ballito se restaurante of Umhlanga se wolkekrabber-seeuitsigte. Langs die strandmeer kwetter die voëls in jou ore en jy kry altyd ’n stil plekkie om jou handdoek oop te gooi, selfs binne seisoen.


Die hoofstrand lê soos ’n goue lap tussen die monding van strandmeer en die see. Hier’s haainette (altyd) en menseredders (binne seisoen).


Wat nog? Stap suid verby die mooi Black Rock-piekniekplek na die monding van die Nonotirivier, of mik noord as jy wil voetslaan – dis 8 km tot by die Tugelariviermonding.

Waar? Dis ongeveer 90 km noord van Durban op die N2.

Waar bly ek? Die Zinkwazi Lagoon-lodge is langs die strandmeer en naby die strand.

Prys Kamp vanaf R135 p.p.; selfsorg-chalets vanaf R960 per eenheid; B&B vanaf R395 p.p. wat deel.

Kontak 032 485 3344; www.zinkwazilagoonlodge.co.za