Stap saam met die kinders na die speelplek (hier’s ’n trampolien, swaaie en ’n klimraam), kies koers kloof toe al langs die tweespoorpad, swem in die dam, ry bergfiets deur ’n boord of sit net agteroor op die stoep.

Verblyf: Hier is baie opsies vir gesinne van alle groottes.

Die Willow-kothuis het plek vir ses tot agt mense (R3 150 p.n.). Hier is ook nege grasdakkothuise om van te kies afhangend die aantal gaste. Twee het plek vir vier mense (vanaf R1 650 p.n.); twee vir ses mense (vanaf R1 850 p.n.); een slaap net twee mense (R975 p.n.) en vier kothuise is lekker groot met drie slaapkamers en twee badkamers (R2 325 p.n.).

Die vyf Riversidekothuise het onder plek vir tot ses mense (R1 775 p.n.) en nog twee mense op die boonste verdieping in ’n aparte eenheid (R950 p.n., of R2 575 p.n. vir onder en bo).

Die kothuise se dekor is smaakvol en hulle is toegerus met genoeg linne en breekgoed.

Waar? Elandskloof is tussen Villiersdorp en Greyton, sowat 120 km oos van Kaapstad met die N2 en R43.

GPS: S34.04962 E19.40392 (plaasingang)

Kontak:  076 334 5845; elandsklooffarmcottages.co.za