Dis ’n gewilde oord onder hengelaars en watersport  liefhebbers en hier is ’n boot helling. Hier is ook ’n swembad en glygeut vir die kinders.


Jy kan kies uit staanplekke op twee terrasse of uit staanplekke in die middel van die oord.

Op die onderste terras, reg langs die water, is 12 groot staanplekke en hier is ’n klompie losstaande braaiers sonder roosters. Daar is nie een vir elke staanplek nie; bring dus maar jou eie braaier en rooster.

Op die boonste terras is 22 staanplekke met betonbraaiers. Ook vir dié braaiers het jy jou eie rooster nodig.

Die derde deel van die oord is in die middel – hier is 32 staanplekke met dieselfde geriewe as op die boonste terras.

Die oord het twee netjiese ablusieblokke.

Die kampplek is sowat 1 km van die dorp se sakesentrum af en loopafstand van die Silwer strand gholflandgoed. 


GPS S33.815496 E19.850064

Kampplek: 66 staanplekke met gras, skaduwee, krag, braaiers en krane.

Ablusiegeriewe: Skoon en netjies. 

Aankoms- en vertrektyd: 1 nm. en 11 vm. 

Kontak: 023 626 3321; bookings@silwerstrand caravanpark.co.za; silwerstrandcaravanpark.co.za 

Naaste dorp: Op Robertson. 

Hoe lyk die pad? Teerpad en 100 m netjiese grondpad.