Hendrik Potgieter en sy Voortrekkerpatrollie het in 1836 na Sofala in Mosambiek gereis en op pad terug kortpad deur die poort gekies om by hulle waens in die Vrystaat te kom.

Só het die Wonderboom en Wonderboompoort, een van net ses natuurlike deurgange in die hele bergreeks, hulle naam gekry.
“Die boom kon ’n hele regiment soldate verberg of skuiling aan 20 waens met 20 osse elk bied,” skryf lady Florence Dixie in haar herinneringe, In the Land of Misfortune, wat in 1882 verskyn het. In 1870 het dit gebrand en in die jare tagtig is dit deur ’n swam aangeval.

“Voor hierdie pad gemaak is, kon ossewaens net oor die bedding van die Apiesrivier deur die poort trek. Hierdie rivier is glad nie diep nie, maar nogtans baie ongelyk en klipperig. Die deurtog moet vir mens en dier baie moeilik gewees het.”
Met lady Dixie se besoek is die pad deur die poort pas voltooi.

Die teerpad dra verkeer na Pretoria-Noord en die spoorlyn na Polokwane loop hierlangs. Die blokhuis op die ou foto is gebou nadat die Britte Pretoria in die Anglo-Boereoorlog ingeneem het. Dis onbekend wanneer dit afgebreek is.

: TUSSEN TREINE. Die Pretoria-Polokwane-roete loop sedert die begin van die vorige eeu deur die poort. Die spoorlyn was die belangrikste rede vir die stigting van Pretoria-Noord (vroeg in die twintigste eeu), toe min mense hulle eie vervoer gehad het. FOTO DEAAN VIVIER

As ’n mens deesdae deur die poort ry, kan jy die mensgemaakte waterval aan die oostekant probeer sien. Dis gebou om Pretoria se honderdste verjaardag in 1955 te vier.

Bron:Anderkant die Magalies: Die wêreld van die Wonderboom, saamgestel deur Loreen Nel.

Doendinge

Jy kan gaan piekniek hou in die  Wonderboom-natuurreservaat, ’n staproete volg en jou vergaap aan die wonder van die Wonderboom.

Kontak 012 440 8316 of 012 341 5204; stuur ’n e-pos of besoek die webblad


ONS SOEK JOU KIEKIES

Het jy mooi ou swart-wit foto’s wat die storie van toeka se toere, gesinsvakansies of avonture vertel? Of foto’s van hoe jou dorp destyds gelyk het? Stuur dit na suzaan.hall@media24.com, en jou foto verskyn dalk in die tydskrif.