In 1888 is die eerste regeringsgebou langs Johannesburg se destydse markplein op hierdie terrein opgerig. Maar dis gesloop om plek te maak vir die poskantoor wat ons vandag ken en wat in daardie stadium die hoogste gebou in die stad was. 

Die argitek was Sytze Wierda, wat ook die Raadsaal en Paleis van Justisie in Pretoria ontwerp het. 

In 1905 is nog ’n verdieping en die kloktoring bygevoeg. Die klok wat in die toring gehang is, was ’n replika van een van Big Ben s’n. 

Nadat die poskantoor in 1996 die gebou in Rissikstraat ontruim het, het die gebou erg onder vandalisme en diefstal deurgeloop. Die bekende replika-klok en die wysers van die horlosie, asook die gebou se koperkoepel is van die goed wat gesteel is. 

Planne om die gebou te restoureer, is gelukkig op dreef. 

* Bron: www.joburg.org.za 


• Hierdie artikel het oorspronklik in Weg # 28 (Februarie 2007) verskyn. Ons probeer nuwe inligting bywerk, maar feite en geite kon intussen verander het – laat weet gerus as jy so iets raaksien.  

ONS SOEK JOU KIEKIES

Het jy mooi ou swart-wit foto’s wat die storie van toeka se toere, gesinsvakansies of avonture vertel? Of foto’s van hoe jou dorp destyds gelyk het? Stuur dit na suzaan.hall@media24.com, en jou foto verskyn dalk in die tydskrif.