Die waters tussen die koppe is van die verraderlikste ter wêreld en die talle wrakke in die gebied maak dit ’n gewilde duikplek.

Die naam en bestuur van The Heads Tearoom wat op die ou poskaartfoto verskyn, het al ’n paar keer verander. Die oorspronklike gebou is ook met die jare vergroot. 

Die gebied het sedert die jare vyftig, toe die foto geneem is, taamlik verander. In die jare vyftig het die pad na die parkeerterrein deur ’n grootliks oop stuk veld gekronkel. Vandag is daar spoedbulte en duur huise. 

Die gebou is nou gesluit en die naaste restaurant is die East Head Café wat aan die oorkant van die parkeerarea op die rotse sit.

Greg Coleman van East Head Café het dié foto gestuur van hoe die gebou en parkeerterrein tans lyk.

Bron: Knysna-museum

• Hierdie artikel het oorspronklik in Weg #40 (Februarie 2008) verskyn. 

Het jy mooi ou swart-wit foto’s wat die storie van toeka se toere, gesinsvakansies of avonture vertel? Of foto’s van hoe jou dorp destyds gelyk het? Stuur dit na suzaan.hall@media24.com, en jou foto verskyn dalk in die tydskrif.