Hierdie ou foto van ’n stoomtrein wat oor die Umkomaasrivier loop, het baie herinneringe uit my kinderjare opgeroep. 

Eens op ’n tyd was daar ’n vlak drif waar mense die rivier oorgesteek het. Omdat die rivier so rustig vloei, het walvisse voorheen hier gekalf. Die rivier is uMkhomazi genoem – “plek van die walviskoeie”.

Ongelukkig bestaan die brug nie meer nie. Dis op 1 Desember 1897 geopen en het kort ná die Tweede Wêreldoorlog in onbruik geraak toe die nuwe brug by die riviermonding gebou is.

Rogan het op die suidelike oewer aan die buitewyke van die dorp stilgehou en probeer om ’n foto uit dieselfde hoek te neem. Foto: Rogan Ward

Die brug het stuk-stuk verdwyn; dis vermoedelik deur die een vloed ná die ander weggespoel.

Met my besoek het die gids my na die plek geneem waar die foto van die oorspronklike brug geneem is.

Tog het die vorm van die rivier en die plantegroei oor die jare heen aansienlik verander.

Nadat ek die foto geneem het, is ons stroomop na waar die brug was. Die suikerriet was geoes en ons kon ’n groot sementblok sien. Dit blyk toe ons staan op ’n fondament van die (ou) brug. Later het ons nog twee ontdek. 

Terwyl ek uit Umkomaas gery het, het ek terugkyk op die Umkomaasrivier wat na die Aliwalbank vloei.

En in my kop was daar steeds brûe, treine en walvisse…


Hierdie artikel het oorspronklik in Weg #38 (Desember 2007) verskyn. Ons probeer nuwe inligting bywerk, maar feite en geite kon intussen verander het – laat weet gerus as jy so iets raaksien.

Word deel van die Weg-wêreld

Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. Volg ons op die YouTube-kanaal WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook