Jy kan binne of buite op die stoep sit en maaltye bestel soos ontbyt (R45 tot R70), koedoesteaktoebroodjie (R65) of jaffel (R60). Filterkoffie en rooibostee kos R20. 

Koop ’n pastei (R20) of probeer iets unieks en koop ’n wildsvleissamoesa (R7 elk). 

Koedoebiltong kos R295/kg en chilli bites R340/kg. Die konfytrakke is vol: tamatie, marmelade en makataan.

Jy kan ook jou beskuitblikke hier kom volmaak met vlakoekies en beskuit. 

Hier is ook tipiese Karoo-aandenkings soos draad-en-blikwindpompies. 

Waar? In die hoofpad deur Jansenville, onmiddellik links nes jy oor die Sondagsrivier die dorp van Port Elizabeth se kant af binnery. 

Oop: Maandag tot Saterdag: 7.30 vm.-5 nm. Sondag: 7.30 vm.-3 nm 

Kontak: 049 836 0029; www.facebook.com/arkinthekaroo