Foto's: Jon Minster

Dis ’n oulike dorpie net langs die N9 en die ideale plek om bene te rek op julle road trip.

Kapoet is ’n padstal-en-restaurant in Knysnastraat – die hoofstraat deur die dorp. Sit in die somer op die stoep langs die sypaadjie en geniet die briesie, of maak julle tuis by een van die tafels binne as daar sneeu op die bergpieke lê.

Die spyskaart het ruim ontbytopsies (vanaf sowat R40), roosterkoektoebroodjies (R50-R70), goeie koffie, warmsjokolade en pannekoeke (vanaf sowat R25). Hier is ook stewiger maaltye beskikbaar, onder meer lasagne, bobotie en slaaie.

Die rakke binne staan vol padstalware: Biedouwvallei-rooibos, tuisgebakte beskuit, koekies, fudge en eko-vriendelike velsorgprodukte van plekke soos Chardine (chardine.co.za) en Simply Bee (simplebee.co.za). Laai in, want daar is wildernis reg rondom julle en jy gaan padkos nodig hê!

Waar? Knysnastraat 26

Oop Elke dag van 7.30 vm.-6 nm.

Nog inligting 083 699 1104; “Kapoet Padstal” op Faceboo