Tannie Poppie maak roosterkoeke met deeg wat sy snags knie. Sy verkoop dit op straat, vars van die rooster af, aan vakansiegangers en die plaaslike inwoners. Jy kan ry met botter, kaas-en-jêm, wors met ’n wors en sous – tamaties-en-uiesmoor, soetrissie, blatjang.... Jy kan ook ’n koue Coke of ’n bompie (’n groot ysie) koop.

Poppie is landwyd bekend. Sy was al op televisie, op radio en in verskeie tydskrifartikels. Sy word gereeld “gekontrakteer” om kos te maak vir jagekspedisies in die Karoo.

Waar? Langs die N1 reg oorkant die Shell Ultra City op Laingsburg.

Kontak: Jy kan vooraf vir tannie Poppie (073 828 2488) bel dan sal sy vir jou roosterkoeke reghou. Sy bak ook allerhande lekker brode (soetsuurdeegbrood, pampoenbrood, uiebrood) op bestelling.