Die kanse is goed dat jy al verby Sophie’s Choice in die hoofstraat gery het. Trek volgende keer jou handrem op.

Sophia van der Merwe, die eienaar, doen baie moeite om die atmosfeer hartlik en vrolik te hou. In die winter sit jy voor ’n kaggel en in die somer in die koel teetuin. Hier is ’n koffiewinkel, en jy kan geskenke en antiekware koop. Kom kyk: Hier is meer kandelare as wat daar Van der Merwes in Suid-Afrika is) en geskenke (van kerse tot konfyt).

Waar? In die hoofstraat wat deur die dorp loop, skuins oorkant die Foodzone.

Kontak 044 923 1117; www.sophieschoice.co.zawww.facebook.com/sophiescoffeeandantiques