Geniet ’n laatontbyt of middagete met ’n puik uitsig oor die groen Umgenivallei. Kom kuier saam met gesinne op die grasperk langs die skuur. Hier is ook swaaie en ’n klimraam om die kleintjies besig te hou terwyl Ma-hulle die uitsig geniet.

The Farmer’s Daughter
The Farmer’s Daughter

Jen Pretorius het dit as ’n spyseniersbesigheid begin, en al die kos is heerlik. Bestel die suurlemoenskuimtertjies in glaspotjies vir nagereg (R50) nadat jy ’n varkliesburger (R110) geniet het.

Plaaslike bestanddele word gebruik en elke gereg is plaasvars. As jy op ’n somersdag hier aankom, is die sjokolade-melkskommel (R35) ’n uitstekende keuse.

Die dekor is aweregs en interessant – pierings pas nie by koppies nie en stoele het nie pasmaats nie. Botterbroodjies word in glas-juwelierskabinette uitgestal en op ’n goeie dag kom kry jy die jenewer-trokkie buite...

Die koffiewinkel is in ’n kompleks genaamd Yard 41 – dis ’n versameling deli’s, dekor- en kunswinkels.

As jy ’n kunsliefhebber is, gaan loer in by die Hallett Reid-galery vir potloodtekeninge van wilde diere. Waar? Op die hoek van Howick se hoofstraat en die Karkloofpad.

Oop: Elke dag van 9 vm. tot 5 nm.

Kontak: 033 330 2658; hello@farmersdaughterkitchen.com