As jou maag begin knor op pad na die Ai-Ais-Richtersveld-oorgrenspark, is die Vespetti-restaurant op Port Nolloth ’n goeie roep, veral as jy effens keelvol is vir garnale en calamari op jou reis al langs die Weskus.

Foto: Jon Minster

Op die spyskaart is Italiaanse staatmakers soos pizza en pasta en vleisgeregte soos steak en tjops. Pryse wissel tussen R60 en R120 vir ’n hoofmaaltyd. 

Nes Port Nolloth is die kos basies maar smaaklik, en die porsies rojaal. Die restaurant het nie ’n dranklisensie nie. Grawe dus maar die bokswyn uit die ammokis en klink ’n glasie op die son wat agter die Atlantiese Oseaan verdwyn oorkant die pad.

Waar? Kusweg, Port Nolloth. Jy kan dit nie misloop nie.

Kontak  027 851 7843