Nie lus vir kamp nie? Hoe klink viersterverblyf in die Bergkwaggapark?
Foto's: SANPARKE
Dié park buite Cradock het agt nuwe huisies bygekry: ses kothuise met slaapplek vir twee en twee klipchalets met slaapplek vir vier elk. Die verblyf is einde Julie amptelik ingewy, toe die park sy 80ste verjaardag gevier het.
Foto's van die kothuise.
Die klipchalets bied viersterverblyf: Elke kamer het ’n en suite-badkamer, daar’s ’n kaggel binne en ’n braaiplek buite, lugverkoeling en beperkte DStv-kanale. Die huisies is teen ’n koppie en dus heel privaat. Van jou stoep af kan jy tot doer anderkant die ruskamp se heining sien. Hopelik wei ’n paar bergkwaggas of buffels in die veld terwyl die son sak.
Die klipchalets.
Koste Vanaf R1 250 p.n. (vir ’n kothuis met slaapplek vir twee). Die klipchalets is duurder, vanaf R2 750 p.n. vir vier mense.
Besprekings *012 428 9111; *sanparks.org
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET