Russell Cottage in die Kruger-wildtuin se Punda Maria-ruskamp het slaapplek vir 4 mense.
Aan die begin van die 20ste eeu was die noordoostelike hoek van die Laeveld ’n wilde plek, só wild mense het dit Crook’s Corner genoem.
Grootwildjagters, stropers en werwingsagente vir mynwerkers het hier amok gemaak.
Russell Cottage is teen die heuweltjie nes jy die ruskamp inry. Dis ’n entjie van die ander blyplekke en kampterrein af, en dus lekker privaat.
Die verblyf is ten volle toegerus, met lugreëling, en slaapplek vir 4 mense in twee en suite-dubbelkamers. Die groot kuierstoep met sifdeure en -vensters het ’n uitsig oor die Pundavallei, net reg vir daai G&T ná ’n lang dag van voëlssoek langs die Luvuvhurivier.
Koste: Vanaf R2 285 per nag vir 4 mense.
Kontak: 012 428 9111; 013 735 6873; www.sanparks.org
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET