Klik op die staplys se naam en laai die PDF-dokument af! 

DAGSTAP

Selfs al gaan stap jy net vir ’n paar uur, wees voorbereid. Die weer kan draai of die stroompie kon intussen opgedroog het. Sorg dat jy altyd genoeg water en sonroom inpak, en ’n warm ding. 


NAWEEKSTAP + dagstap 

Vir ’n naweekstaptog pak jy die dagstaplys en nog ’n paar goed. ’n Tandeborsel en slaapklere is seker onderhandelbaar, besluit maar self. 


VEELDAGSTAPROETE + dagstap + naweekstap

Vir veeldagroetes soos die Otter of die Fanie Botha pak jy die naweekgoed en meestal meer klere. Maar as jy ’n wildernis-staproete deur die Visriviercanyon of bo-op die Drakensbergse platorand aanpak, moet jy ook ’n matras en tent saamdra. Gewig is deurslaggewend.

Indien ons iets gemis het op ons paklys, laat weet ons by esma.marnewick@weg.co.za