Volgens The Point Hotel se webblad is die getypoel voor die hotel die grootste natuurlike getypoel ter wêreld!


Die poel is nie soos ’n swembad in die see met ’n keermuur nie, maar ’n lang poel tussen die rye ruwe rotse heel aan die verste punt van Mosselbaai.

Hier is wel ’n smal sementstrook (kom vroeg vir ’n lêplekkie) en bruggies na die poel toe gebou.

Maak sommer ’n dag daarvan (maar moenie swem as die gety te hoog is – die see speel nie hier nie). Kom bak op die sementblad, swem of klouter oor die rotse. 

Waar? Draai van die R102 af in Marshstraat en ry tot by die Punt. Die getypoel is aan die einde van die skiereiland.