Paspoort? Bakkie? GPS? ’n Ietsie in die bankrekening? Dan is jy reg vir ’n lang reis deur Afrika! Ons is bevoorreg om ’n vasteland van eersteklas bestemmings te hê: Hoe lyk die Ngorongoro regtig? Is die Maasai Mara se kuddes so talryk soos hulle sê? Dan is daar die kleiner lande soos Rwanda en Uganda, waar jy berggorillas kan besoek. Daar is Afrika se Groot Mere, berge soos Meru en Kilimandjaro, reënwoude, savanneveld, bosveld, koraalstrande, ou handelsdorpe...

Maasai Mara, Kenia

Moenie uitstel nie. Toe ek die eerste keer in 2012 tot by Dar es Salaam gery het, was ek verbaas hoe maklik dit was. Ek het destyds in Weg se Condor gery sonder ’n daktent, langafstandpetroltenk of spesiale ombouings.

Ek het my tent afgestof, ProVita en blikkies sardiens in my koskratte gepak, my dokumente in orde gekry en Kaapstad verlaat – ’n paar weke later het ek weer die see gesien, dié slag aan die ooskus van Afrika.

Mikumi- nasionale park, Tanzanië

In hierdie artikel vertel die jong reisigers Caro en Hugo Minnaar en die gesoute reisigers Iza en Ben Kriel hulle reisverhale. Ek hoop hulle stories inspireer jou ook om die kratte te begin pak en noord te mik...

Caro en Hugo Minnaar

LEES CARO EN HUGO SE STORIE HIER: "GETROUD MET REIS"

Ben en Iza Kriel

LEES IZA EN BEN SE STORIE HIER: "VAN DIE KAAP NA UGANDA"

Boskamp naby Tarangire, Tanzanië.