Ervaar die Swartland Wyn-en-Olyfroete, Malmesbury!

Swartland Wyn-en-Olyfroete
Swartland Wyn-en-Olyfroete

Die Swartland, geleë op die drumpel van Kaapstad, omsluit die pragtige dorpies Malmesbury, Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes, Moorreesburg, Koringberg en Piketberg.

Die onpretensieuse streek  is bekend vir sy hartlike mense en die kanse is goed dat jy die eienaar, wynmaker of kunstenaar self sal ontmoet wanneer jy die streek besoek. Is jy lief vir goeie wyn, heerlike olywe, tuisgebak en lekker kuier? Dan is die Swartland net die plek vir jou om na die grendeltyd te besoek.

Kontak: 022 487 1133, swartlandinfo@westc.co.za; www.swartlandwineandolives.co.za

Safari-volstruisplaas, Oudtshoorn: Ervaar 'n trekkersafari

Safari-volstruisplaas
Safari-volstruisplaas

Ervaar die enigste trekkersafari op 'n volstruisplaas in Suid-Afrika. Geniet die vars Karoolug op 'n begeleide toer na die broeivoëls en kuikens ( van September tot April). Hier kom jy naby aan die wêreld se grootste voëls op 'n verantwoordelike manier. Neem pragtige foto’s en ry op een van die wonderlike voëls.

Geniet 'n volstruismaaltyd by ons kafee, of 'n vegetariese of veganistiese maaltyd as dit jou voorkeur is. Besoek ons boetiek vir die grootste versameling van volstruisprodukte wat jy dalk ooit sal sien. Bespreek aanlyn en kry 20% afslag. 

Kontak: 044 2727311, safariostrich@mweb.co.za, www.safariostrich.co.za

Gamtoos-toerisme: Verken die Baviaanskloof-wildernisgebied

Gamtoos-toerisme
Gamtoos-toerisme

Die Gamtoosvallei, bekend as die oostelike poort tot die Baviaanskloof-wildernisgebied, staan ook bekend as die vrugtemandjie van die Oos-Kaap. Die vallei is weg van die stadsgewoel en bied talle aktiwiteite, soos bergfietsry, stap, 4x4-roetes, gholf, roei, hengel, voëlkyk, wildbesigtiging, fotosafari’s, sterrekyk en daguitstappies na die Baviaanskloof.

Tuiste van die Kouga-dam, Koningin Victoria-profiel, grootste sonhorlosie in Afrika, Sarah Baartman se graf, bekende 9-putjie-gholfbaan, ens. 

Kontak: 083 556 3206; 042 283 0437; info@baviaans.net; www.baviaans.net

Val du Charron: Wyn en vermaak

Val du Charron
Val du Charron

Minder as 'n uur se ry vanaf  Kaapstad – hier bied ons vyf- en viersterverblyf, konferensiegeriewe, 'n spa op die perseel, bergfietspaadjies en twee restaurante op 'n werkende wynlandgoed. Bring die kinders na Pizza Vista om in die water te baljaar terwyl jy ontspan in die natuurlike prag van Val du Charron en jouself bederf by die Grillroom met sy pragtige uitsigte.

Of jy nou op vakansie is of vir sake reis, ons het die ideale bergagtergrond om jou verblyf onvergeetlik te maak.

Kontak: 0218731256, stay@vdcwines.com, www.vdcwines.com

Heuningland Karoo-slenterstap of -volmaanroete

Heuningland
Heuningland

Tussen die berge wes van Beaufort-Wes stel ons jou bekend aan die eenvoud van die Groot-Karoo. Die slenterstap van 100 kilometer oor vier dae sal jou verbeelding vasgryp en 'n ewige indruk laat. Jy het die keuse om alleen, teen jou eie spoed, te stap indien jy vreedsaamheid verkies.

Ons volmaanstap is 'n lewensveranderende ervaring. Ons maak 'n basis vanwaar ons vir vier nagte uitstap. Kontak: Liezl 0722435251; info@heuningland.com; www.heuningland.com

Marine Dynamics op Dyer-eiland

Marine Dynamics
Marine Dynamics

Marine Dynamics spesialiseer in haai-, walvis- en ekomariene-vaarte rondom Dyer-eiland.

'n Marienebioloog vergesel jou op elke vaart. Die Dyer Island Conservation Trust is deel van ons bedryf, onder andere die African Penguin and Seabird-hawe wat daagliks oop is vir die publiek en gratis is. Ons slagspreuk is: ‘Discover, Protect and Educate.’

Kontak: 079 506 5707; Zile@marinedynamicstravel.com; www.sharkwatchsa.com/en/home/

Weskus Wonders & Wine Tours: Die geskiedkundige Sandveldroete!

Weskus Wonders & Wine Tours
Weskus Wonders & Wine Tours

Staproete van drie nagte en vier dae (Donderdag tot Sondag).

Wonderlike natuurtonele, ryk kultuurgeskiedenis, diverse flora en fauna en 'n klomp unieke karakters maak deel uit van jou staptog van drie nagte en vier dae op die Sandveld se geskiedkundige “The 3 Caves hike”. Die staproete neem jou na die middelpunt van jou siel en terug. Gerieflike verblyf in 'n mooi omgewing.

Nelda van Zyl, 084 517 2519, nelda@thewinetender.co.za

Grootvadersbosch Conservancy: Ontdek 'n spesiale vallei

Grootvadersbosch
Grootvadersbosch

Ons is privaat grondeienaars in die Grootvadersbosch-vallei wat kragte saamgesnoer het om fynbos, Afromontane-woud en renosterveld (erg bedreig) te bewaar. Ons het talle akkommodasie-opsies, van vyfstergastehuise tot stylvolle tentverblyf of landelike huisies.

Hier kan jy stap, ry of hardloop op ons vier ongelooflike bergfietsroetes. Ons spog met meer as 200 voëlspesies, asook spesiale faunaspesies, waarvan party net hier voorkom! Van ons plaaslike, opgeleide gidse kan jou help om die vallei te ontdek. Ons inkomste uit toerisme help onder andere met die uitwissing van uitheemse plante en brandbestuur.

Kontak: 071 691 6463;  0793350269; aileen@gvbconservancy.co.za                                         

www.gvbconservancy.co.za

SA Forest Adventures: Foefieslaaid in Kaapstad 

SA Forest Adventures
SA Forest Adventures

Die foefieslaaid-ervaring bied jou 'n kabeltoer wat hoog in die berg begin en stadig teen die hange afsak. Ons platforms bied die asemrowendste uitsigte oor Kaapstad. Gidse op die toer help met jou adrenalienavontuur om te verseker dat jy dit ten volle geniet.

Party van ons foefieslaaids is tot 155 m hoog met die baldakyn van bome onder, en die langste een is net korter as 500 m. Daar is altesaam sewe kabels van 2,3 km.

Kontak: 021 795 0225; info@saforestadventures.co.za; www.saforestadventures.co.za

Darling Brew: Kom na die tappery!

Darling Brew
Darling Brew

Darling Brew is al sedert 2010 in werking en is een van Suid-Afrika se eerste goed gevestigde en bekroonde mikrobrouerye. Elke bier in ons groot reeks van premiumgehalte biere het oor die jare 'n epiese reis gevolg en unieke eienskappe ontwikkel wat geïnspireer is deur die bedreigde spesies waaraan elke bier sy naam te danke het.

Die tappery bedien al ons kraanbiere en 'n wonderlike spyskaart wat spesialiseer in vars plaaslike produkte wat by jou bier pas.

Kontak: 079 092 8313

Die Pienk Padstal, Kakamas: ’n Heerlike stop!

Die Pienk Padstal
Die Pienk Padstal

Die Pienk Padstal is 'n heerlike stop op pad na Namibië, Richtersveld, Namakwaland, Augrabies, die Weskus en vele ander bestemmings. Ons verskaf 'n verskeidenheid droëvrugte, rosyne, geskenke, tee, dadels, tuisgebak en vele meer, insluitend 'n klein tweedehandse boekwinkel.

Die restaurant op die perseel sal jou van vars koffie, ontbyt, burgers, en ander spys en drank vir aansit of wegneem voorsien. Dit is ook dié plek om inligting oor die omgewing en besienswaardighede te kry.

Kontak: 083 381 9272, pienkpadstal@gmail.com, Facebook

Rooibos-roete, Clanwilliam: Welkom by Rooibosland

Rooibos-roete
Rooibos-roete

Rooibos-roete bied 'n wye omvattende agri-toerisme ervaring aan alle Rooibos liefhebbers. Besoek 'n plaas of fabriek, beleef die oes en verwerkings proses, geniet lekker disse by 'n restaurant, doen 'n wyn en rooibos proe of doen 'n teeproe waar jy uit meer as 100 geure kan kies.

Reis tussen verskillende punte op jou eie tyd en geniet rooibos gasvryheid by verskillende akkommodasie opsies. Definitief iets vir almal se smaak. Ons sien uit om jul te verwelkom in die hart van Rooibosland.

Kontak: www.rooibos-route.co.za; 067 088 6969; info@rooibos-route.co.za

Bathurst-landboumuseum: "Vandag se masjinerie is môre se geskiedenis "

Bathurst-landboumuseum
Bathurst-landboumuseum

Hierdie unieke aanraak-museum het in 1970 die lig gesien, en beeld die boerderylewe van die 1800’s uit. Daar is ietsie vir almal aangesien die versameling meer as 1 800 items insluit, soos ossewaens, landbou-implemente en trekkers, volstruisbroeikas, stoomenjins, speelgoed en baie meer.

Daar is ook 'n smidswinkel met 'n aambeeld uit 1747 en talle ander fassinerende smeegereedskap. Dit is een van die grootste landboumuseums in die Suidelike Halfrond. 

Kontak: hopewell@telkomsa.net; www.bathurstmuseum.co.za; +27 074 769 2144; +27 071 282 9161

Raggy Charters: Vind meer uit oor lewe in die see

Raggy Charters
Raggy Charters

Raggy Charters gee gaste die geleentheid om marienelewe te sien en meer daaroor te leer in Algoabaai in PE deur middel van halfdag (08:00-12:00) walvis/dolfyn/pikkewynvaarte en voldag (07:00-15:00) haaihok-duiktoere na Voëleiland.

Ons drie bote kan altesaam 50 passasiers vervoer. Voordat ons vertrek, word gaste ingelig oor die maatskappy se bewaringsinisiatiewe en veiligheidsprosedures. Ons doen net een toer per dag, en dis interaktief, persoonlik en opvoedkundig. 

Kontak: '+27 731522277; info@raggycharters.co.za; www.raggycharters.co.za

Besoek die dierehawe!

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Birds of Eden
Foto: Verskaf

Monkeyland gee besoekers die geleentheid om 'n uurlange begeleide toer mee te maak in ons woud van 12 hektaar. Ons sien om na 10 spesies primate in die hawe.

Kontak: Plettenbergbaai: 0829795683 info@monkeyland.co.za / KwaZulu-Natal: 032 004 0178 / 066 479 6138 / info@monkeylandkzn.co.za / www.monkeylandkzn.co.za

Birds of Eden is die wêreld se grootse enkelkoepel-voëlhok waar voëls vry kan rondvlieg. Ons sien om na ongeveer 3 500 voëls. Gaan op 'n selfbegeleide toer teen jou eie pas en sit op die bankies met jou verkyker om die voëls dop te hou.

Kontak: 0829795683; info@birdsofeden.co.za; www.birdsofeden.co.za

Jukani Wildlife Sanctuary is die tuiste van die toproofdiere, wat al die groot katte insluit, soos leeus, tiers, jagluiperds en ander wildspesies.

Die hokke is spesifiek ingerig om by elke dier se behoeftes en persoonlikheid te pas. Die begeleide toere duur een en 'n halfuur. By Jukani kom die welvaart van die diere eerste. 

Kontak: 0829795683; info@jukani.co.za; www.jukani.co.za

Addo Cruises & Sand Sledding

Addo Cruises
Addo Cruises

Addo Cruises and Sand Sledding is die oudste riviervaartmaatskappy op die Sondagsrivier en ons het baie jare se ondervinding. Ons het 'n passie vir hierdie wonderlike monding en geniet dit baie om vir ons gaste die pragtige natuurskoon van die gebied te wys.

Die riviervaarte kan doelgemaak word of jy kan op een van ons standaardriviervaarte gaan. Ons veerboot kan tot 30 gaste huisves en ons verskaf spyseniering op versoek.

Kontak: 0824654391, info@addocruises.co.za, addocruises.co.za

Ontspan na Hillston Farm, Middelburg

Hillston Farm
Hillston Farm

Ons nooi jou om 'n ware wegbreek te geniet by Hillston Farm, ver weg van alles, met natuurtonele om enige fotograaf of skilder te inspireer. Braai in ons Boereoorlog-blokhuis of neem 'n toer na die Boereoorlogbarakke wat in'n skeerstal omskep is.

Verken die rivier op soek na fossiele. Dit is die perfekte plek om verskietende sterre te tel en die skaars bloukorhaan op jou lysie af te merk. Geniet 'n asemrowende sonsopkoms en ervaar die lewe op 'n plaas, of slaap laat en kry die rus in waarvan jy net kon droom...

Kontak: 082 322 4403; info@hillstonfarm.co.za; www.hillstonfarm.co.za

Aktiwiteite vir jonk en oud by Redberry Farm, George  

Redberry Farm
Redberry Farm

Redberry Farm is 'n kommersiële aarbeiplaas en die spreekwoordelike landelike wegbreek met welige landskappe en majestueuse uitsigte oor die Outeniquaberge, slegs vier kilometer vanaf George-lughawe. Besoekers kan wonderlike aarbeie, boetiek-eetplekke en buitelugaktiwiteite ontdek op hierdie gunstelingbestemming van die Tuinroete.

Jonk en oud kan hulle eie aarbeie pluk, die grootse heiningdoolhof in die Suidelike Halfrond oorwin en met die Redberry Express-minitrein ry, om maar 'n paar te noem. Kinders sal mal wees oor die kaskarre, ponies, stampbote en borrelbal op die plaasdam.

Kontak: 044 870 7123; info@redberryfarm.co.za; www.redberryfarm.co.za

Viljoensdrift Fine Wines, Robertson

Viljoensdrift Fine Wines
Viljoensdrift Fine Wines

Viljoensdrift-wynplaas is op die oewer van die Breederivier net buite Robertson. Ons is baie bekend vir ons bootvaart op die rivier. Dit is 'n ontspannende vaart van 50 minute wat jou blootstel aan die prag van ons vallei. Gaste kan piekniekstyl kos in ons selfhelp-deli geniet saam met die bekroonde Viljoensdriftwyne.

Ons het ook 'n restaurant wat heerlike disse bedien. Gaan na ons webtuiste vir meer inligting en ook om 'n bootvaart te bespreek.

Kontak: 023 615 1017; rivercruises@viljoensdrift.co.za; www.viljoensdrift.co.za

UkhonaTransportServices: Vakansie- en avontuurpakkette

Ons bied pakkette soos bootvaarte, hengel, quadfietsry en perdry. Ons bied ook vervoer sodat toeriste die Oos-Kaap kan verken, asook akkommodasie in South End met 'n strand- en vallei-uitsig by Van Stadens-plaas met 'n uitsig oor die Ladyslipperberg waar jy ook mag stap.

Ons VW-kombi is beskikbaar vir toeriste om Addo, die strande van die Weskus, wynplase, ensovoort te verken. 

Kontak: 083 426 3506