Lees mooi – een of twee het selfs spesiale promosiekodes en aanlynpakkette. 

LET WEL: Die teks in hierdie artikel is deur die adverteerders self verskaf. 

ONTSNAP NA AFRICAN VINEYARD

'n Uitstekende vierster- en AA-gastehuis en spa langs die Oranjerivier is geleë tussen welige wingerde op die eiland waar die pas en die kos stadig is. Ons het ook lokale vir troues, konferensies en funksies. African Vineyard is die perfekte juweel vanwaar jy die Groen-Kalahari kan ervaar. Hier kan jy ontsnap van die besige stadslewe en weer een word met jouself.

Waar? Kanoneiland, tussen Upington en Keimoes, Noord-Kaap

GPS S28° 39' 22. 3  E21° 04' 41. 1S28° 39.372  E21° 04.685

Kontak: africanvineyard.info@gmail.com | www.africanvineyard.co.za

STAAN VERSTOM OOR AMAZING HOLIDAYS | AANLYNVAKANSIEPAKKETTE

Begin jou vakansie vroeg en laat ons al die werk vir jou doen. Ons kundige konsultante sal jou help om 'n vakansie te bespreek wat ideaal is net vir jou.

Kies uit pasgemaakte pakkette, met opsies wat wissel van palmstrande tot die sneeubedekte Alpe. Ons is daar vir jou, van begin tot einde.  

Kontak: info@amazingholidays.co.za | www.amazingholidays.co.za

ONTSPAN BY BERLUDA FARM HOUSE & COTTAGES

Die Schoeman-gesin nooi hulle gaste om hierdie rustige vallei, wat weggesteek is in die voetheuwels van die Swartberge, saam met hulle te geniet.

Unieke ervarings op die plaas wissel van werkende volstruisplaastoere tot belewenisse met meerkatte. Geniet 'n gerieflike, rustige tyd met tikkies weelde, persoonlike diens en Suid-Afrikaanse gasvryheid. 

Waar? Net buitekant Oudtshoorn in die Klein-Karoo, Wes-Kaap

GPS S 33°28'55.51" E 22°14'27.39"

Kontak: info@berluda.co.za | www.berluda.co.za

EET NA HARTELUS BY BLOWFISH-RESTAURANT

Smul aan Kaapstad se beste uitsigte en heerlikste soesji. Ons spog met uitstekende diens en 'n stylvolle atmosfeer.

Met ons spesiale aanbiedinge is daar 'n opsie vir elkeen en vir elke geleentheid. Die prentjiemooi uitsig oor Tafelberg is net die kersie op die koek.

Waar? Marinerylaan 1, Table View, Kaapstad

Kontak: info@blowfishrestaurant.co.za | www.blowfishrestaurant.co.za

KOM RUS BY DE ARK MOUNTAIN LODGE

Eksklusiewe, private woonwa-staanplekke; elk met sy eie ablusiegerief en onderdakparkering vir die veld- of sleepwa.

Die lodge bied weelderige verblyf in agt chalets, waarvan party hulle eie kaggel het. Geniet die rustigheid en asemrowende uitsigte terwyl verskeie wildsoorte binne 'n paar meter van jou af wei.  

Waar? Naby Golden Gate en Clarens, Vrystaat

GPS S 28°33'51.02" E 28°28'24.95"

Kontak: reservations@deark-clarens.co.za | www.deark-clarens.co.za 

SOVEEL KEUSES BY DE BAKKE SANTOS RESORT

Geniet verblyfopsies vir selfsorg-chalets sonder moeite, of ruim kampeerstaanplekke vir die avontuurlustiges.

Met geriewe wat goed in stand gehou word, vriendelike personeel en goeie sekuriteit, kan gaste 'n gerieflike kampervaring geniet.

Kies tussen twee kristalhelder Blouvlagstrande met direkte toegang vanaf die Mosselbaai-oord, asook eindelose keuses vir pret en plesier.

Waar? Mosselbaai, Wes-Kaap

Kontak: info@debakkesantos.co.za | www.debakkesantos.co.za

MAAK JOU TUIS BY DOLPHIN BEACH-HOTEL 

Ons woonstelle bied jou gerief en waarde in die immergewilde Blouberg in Kaapstad, waar jy wonderlike uitsigte oor Tafelberg kan geniet en direkte toegang tot die strand het.

Geniet 'n onbelemmerde leefstyl met ons selfsorggeriewe of geriewe met spyseniering.

Ons bied 40 een- en tweeslaapkamerwoonstelle met volledig toegeruste kombuise. Geniet die uitsigte vanaf ons dek of bak heerlik in die son by ons swembad. 

Waar? Blouberg, Kaapstad

Kontak: info@dolphinbeachhotel.co.za | www.visitdolphinbeach.com

LEEF JOU UIT BY GARDENS CENTRE HOLIDAY APARTMENTS

Hier is jy in die middelpunt, in die polsende hart van Kaapstad. Geniet die wonderlike uitsigte of raak avontuurlustig met die uittrapslag.

Van kosmopolitaanse inkopieplekke tot opwindende naglewe waar jy jou kan uitleef. Die 44 ruim ateljeewoonstelle bied volledig toegeruste kombuisies vir selfsorg. 

Waar? Aan die voet van Tafelberg, Kaapstad

GPS S33 56.091 E18 25.090 

Kontak: info@gardensapartments.co.za www.gardensapartments.co.za

WEES SENTRAAL BY ISLAND CLUB HOTEL & APARTMENTS 

Die hotel word omring deur 'n rustige kanaal. By hierdie droombestemming sal jy met ope arms verwelkom word.

Geniet al die voordele van weelderige viersterverblyf in 'n sentrale ligging, en ontspan in die welige tuin na 'n lang dag van uitstappies, vergaderings of konferensies met Canal Walk-inkopiesentrum net 'n klipgooi van die hotel af.

Dis die ideale plek vir sakemense, asook gesinne. 

Waar? Century City, Kaapstad

Kontak:  reservations@islandclubhotel.co.za | www.islandclubhotel.co.za

MAAK JOU TUIS BY N.C. FAMOUS LODGES 

Kry 30% afslag op verblyf by enige N.C. Famous Lodge op die eerste nag voor of die eerste nag na jou verblyf by enige van die nasionale parke hieronder.

Waar?

Kgalagadi-oorgrenspark ¦ Augrabies- nasionale park ¦ Namakwa- nasionale park ¦ Tankwa Karoo- nasionale park ¦ Ais Ais Richtersveld-oorgrenspark ¦ Weskus- nasionale park

Kontak: nclodge@webmail.co.za; www.ncfamouslodges.co.za

OP DIE STRAND BY SCOTTBURGH-WOONWAPARK

Kom rus en ontspan op hierdie een kilometer lange strandfront met fantastiese rots- en getypoele en beskutte swemplekke. Ons het ook varswaterswembaddens. Alle staanplekke is hard of is met gras bedek. Gemeubileerde strandfronthuis, asook TV/video en elektrisiteit op alle staanplekke.

Waar? 30 minute se ry suid van Durban, KZN

GPS S30° 16.997'; E30° 45.569'

Kontak: caravanpark@scottburgh.co.za | www.scottburghcaravanpark.co.za 

SPESIALE AANBIEDINGE BY ETOSHA VILLAGE

Geniet die natuur! Kom na Etosha! 

Etosha Village is geleë slegs 2 km van die Okaukuejo-ingangshek na Etosha af en bied 'n unieke en bekostigbare ervaring wat heerlike maaltye insluit, asook gratis verblyf vir twee kinders jonger as 12 wat met twee volwassenes deel (slegs maaltye word betaal). 

Waar? Namibië

GPS 19°21'20.5"S 15°56'19.4"E

Kontak: Bepreek aanlyn met die promosiekode: WEGBREEK of stuur 'n e-pos na: wegbreek@etosha-village.com

www.etosha-village.com