Breedezicht-Kersmark (foto verskaf, 2016).

Kersfees kom nader en die winkels word al besiger. Maak vanjaar ’n draai by een van die Kersmarkte regoor die land en koop sommer jou Kersgeskenke daar.

Ons het ’n kaart saamgestel met verskillende Kersmarkte op. Klik op die ikoon om die naam en besonderhede van die Kersmark te sien. Ons gee ook die organiseerders se kontakbesonderhede, vir ingeval jy nog inligting wil hê.

Let wel:

Ons gaan hierdie kaart weer bywerk op Maandag 13 November, vanaf 9 vm. Stuur gerus voor dan vir ons besonderhede van ’n Kersmark naby jou en ons voeg dit by. 

Maak só: Stuur ’n e-pos na wegdagboek@media24.com, met die volgende inligting: 

Naam van mark, plek (adres), datum, tye, kontakbesonderhede van organiseerders.