Hier was net 6 chalets en ’n gemeenskaplike lapa toe die eienaars die stuk grond van 52 ha bekom het, maar sedertdien het hulle 20 staanplekke ingerig.

Die badkamers is in die middel van die kampplek gebou, en hier is ook ’n aparte badkamer vir mense in ’n rolstoel.

Elkeen van die staanplekke het ’n groot geplaveide deel waarop jy staan met jou eie kraan, kragpunt (gewone huisprop) asook ’n los staalbraaier met sy eie rooster. Maar omdat hulle die bosgevoel wil behou, word geen gras rondom die staanplekke geplant nie.

Die verhitte swembad is klaar gebou en ’n tweede swembad behoort teen Desember gereed te wees.

Heelwat wild loop vrylik rond op die gronde en jy kan verwag om njalas, blesbokke, koedoes, rooibokke en blouwildebeeste te sien. Van die diere is hondmak en kom maak sommer ’n draai by die kampplek.

Die oord lê teenaan die De Wagendriftpad, regoor die pad waar ’n mens afdraai na Tamboti Vreugde en Willem’s Rus. Daven van der Merwe is een van die mede-eienaars en bestuur die oord saam met sy vrou, Carla.

Prys: R450 p.n. per staanplek (vir tot 6 mense).

Kontak:  082 772 7300 

Dinokeng
Dinokeng