In die maanlandskap van Namibië, tussen die Namib Naukluft-reservaat en die Dorob- Nasionale Park, het ’n pragtige vakansieoord en kampterrein opgeskiet. Charl en René Baard het in Mei 2018 by die vorige eienaar oorgeneem, en onder die wakende oog van hul oudste seun, Dirkie, is die terrein opgeknap.

Die terrein is onlangs opgeknap.
'n Staanplek met 'n privaat ablusieblok.
Die huisies is nuut toegerus.
Die ablusieblok.
Privaat ablusiegeriewe.
Hier is weer diere en voëls by Goanikontes.

Daar is weer diere op Goanikontes en die speelgrond is met nuwe speelgoed toegerus. Al die huisies is opgeknap en spog met splinternuwe linne. Die bestaande kampstaanplekke het ligte en kragpunte gekry, en ’n paar nuwe kampstaanplekke met privaat ablusiegeboue is bygevoeg. Min kampplekke in Namibië het sulke lekker koeltebome soos Goanikontes. 

Igloo-huisies
Die binnekant van die igloo-huisie
Die kampterrein.

Buiten die huisies is daar ook nou ’n Withuis wat tot 60 mense kan huisves. Die swembadhuis, wat slaapplek aan 12 bied, sal binnekort gereed wees. Die kamers is heerlik privaat en gaste geniet die stilte. Binne die volgende paar weke word ’n trou-venue met plek vir 150 mense ingerig. 

Hier is lekker stapplek.
Kom sit aan.
Jy is welkom!
Lekker koeltebome.
Kom rus in die koelte.

Die spesiale spyskaart oor naweke trek mense van ver en op Woensdae kry pensioenarisse 10% afslag. Die koek en yskoue bier van Goanikontes-Oasis is legendaries. Die oord kry binnekort sy eie bakkery. Dagbesoekers is welkom om te kom braai. 

Die oord is ’n droombestemming vir voëlkykers, en hier is staproetes en ’n plaasdam vir swemmers. 

Aktiwiteite sluit in voëlkyk, swem in ’n plaasdam, staproetes en ’n speelpark. 

Goanikontes-Oasis is in die hartjie van die Swakopmundrivier-maanvallei. Die eienaars is locals wat hier gebore en getoë is, en kan jou goeie raad vir jou reis verder in Namibië gee. 

Kom maak 'n draai.

Kontak

00264 64 405976

E-pos: info@gaonikontesoasis.com

Web: www.goanikontes-oasis.com

Facebook: Goanikontes-Oasis

Kontak hulle.