Kom saam na CapeNature se jaarlikse Camp-Out.   

Kan jy jou voorstel hoe epies dit sal wees as kunstenaars soos Paxton, Rowlene, Dani Bagel en Acoustic Element teen die hange van die Sederberg optree? En dan natuurlik die superster Jimmy Nevis!

Paxton was in 2017 die wenner van Idols South Africa, en Rowlene het al met sterre soos Nasty C, Ricky Rick en BigStar Johnson opgetree. Dani Bagel is terug nadat hy verlede jaar die Camp-Out-naweek aan die brand gesing het. Dis ook nie Acoustic Element se eerste optrede by Camp-Out nie. Dié opwindende duetpaar het al verlede jaar die gehoor op hul voete gehad.

Verskaf: CapeNature
Verskaf: CapeNature

Paxton sê: “Ek het verlede jaar video-opnames gesien wat Jimmy Nevis op Instagram vanaf Camp-Out gedeel het. Ek was verstom dat ’n mens twee van my liefdes – die natuur en musiek – so perfek kan kombineer. Toe Jimmy my vra of ek wil kom optree, het ek dadelik ja gesê. Hier het jy die kans om tyd saam met jou familie of vriende onder die sterre deur te bring, met goeie musiek op die agtergrond. Wat kan nou beter wees?”

Verskaf: CapeNature
Verskaf: CapeNature

Die uitvoerende hoof van CapeNature, dr. Razeena Omar, sê dit is belangrik vir CapeNature om jong talent in die land, veral jong vroue-talent, te ondersteun.

“Ons sien al meer jong vroue is gretig om te kamp en lus om op hul eie te reis. CapeNature wil graag ’n veilige omgewing skep waar mense persoonlike konnseksies kan maak en die natuur kan geniet. Ons hoop hierdie kunstenaars moedig mense van alle ouderdomme aan om meer tyd in die natuur deur te bring en ’n liefde vir bewaring te ontdek.”

Kaartjies vir Camp-Out is by Quicket beskikbaar  

Verskaf: CapeNature
Verskaf: CapeNature


Volg CapeNature se sosiale media-bladsye vir nuus oor Camp-Out

Facebook @CapeNature1 | Twitter @CapeNature1 | Instagram @capenature