Groen bergterreine met hope wildlewe maak van Eswatini ’n goeie ekotoerismebestemming. Die land is bekend vir sy nasionale en private parke, wat van die kontinent se mooiste troppe wild huisves.

Besoekers kan uitsien na onvergeetlike wildervaringe op selfry- én begeleide toere. Een van die gunstelinge is die Hlane Koninklike nasionale park waar een van Eswatini se grootste wildbevolkings woon, hier is ook die meeste teelpare witrugaasvoëls. Dié bedreigde voëls hou in hardehoutbome wat ’n gesogte gesig is vir voëlkykers.

Indien die rustigheid van die Afrika-woud te veel word, kan jy op ’n hele paar avontuuruitstappies gaan. Die Groot-Usutu-rivier met sy vinnigvloeiende strome sorg vir uitdagende witwaterroeitoere. Die halfdag- en voldaguitstappies word almal deur opgeleide gidse aangebied en is vet pret vir ervare én amateurroeiers. Die beste tyd om dít te doen is in die reënseisoen, wat van middel Oktober tot Maart is.

Diegene wat meer gemaklik is op land, kan die omgewing op bergfietse verken. Veilige, mooi roetes kronkel deur die asemrowende platteland, wat fietsryers na aan gehuggies bring wat hulle ’n nadere kykie op die daaglikse lewe van die plaaslike inwoners bied.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Die dapperes van hart kan kan ’n boomtoptoer neem oor die Majolomba-rivierravyn in die Malolotja-natuurreservaat.

Besoekers kan ook die wêreldbekende kultuurfeeste bywoon. Die land se ryk geskiedenis, erfenis en kultuur word behoorlik op ’n kleurryke wyse gevier.

Eswatini is Afrika se laaste monargie en volg nog eeue oue tradisies. Die feeste is outentiek, en word nie aangebied net om besoekers te vermaak nie. Gaste kry ’n unieke, getroue ervaring. Die bekendste seremonies is die Umhlanga en die Incwala.

Die tradisionele dorpies gee besoekers insae in die daaglikse lewe van die Swati, en ’n blik op dié kultuur. Gaste kan ’n stukkie kultuur huis toe neem deur van die kunswerke van plaaslike kunstenaars te koop – by die handwerkmarkte is kunstige ware te koop wat ’n uitsonderlike aandenking of geskenk is. Besoek ook die Ngwenya-glasfabriek – dis een van Eswatini se groot toeristetrekpleisters.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Meer inligting

Airlink het direkte vlugte na Eswatini – van O.R. Tambointernasionale lughawe na Koning Mswati III- Internasionale lughawe.

Gaan na flyairlink.com/destinations/flights-tosikhuphe vir inligting of om te bespreek.