Die ontvangskamer.
Die restaurant kyk op die see uit.

Rapmund Hotel Pension in Swakopmund bied 25 standaard- en 2 luukse en suite-kamers teen billike pryse. Die hotel is ’n gerieflike twee minute se loop vanaf die see en die dorpskern geleë. Parkeer hier en stap sommer dorp toe! 

Die Duitse ontbyt by Rapmund is ver buite die landsgrense bekend. Boonop kan jy ’n see-uitsig vanaf die eetkamer geniet! 

Rapmund is ’n familieonderneming wat in 1968 gestig is en word sedert 2008 deur Sonja en Enjo Mueller bestuur. 

Wi-Fi is beskikbaar. Die plaaslike toerismeraad kan jou help om die volgende aktiwiteite te reël: bootvaarte, hengel, kwadfietsry in die duine, duinplankry en valskermspring.

Die kamers is goed toegerus
Die Galery-kamer.
Die Galery se badkamer.

KONTAK

Tel: 00264 64 402035¦00264 81 420 6142

rapmund@africa.com.na

www.hotelpensionrapmund.com