WORCESTER

1. Rivierplaas-kamp

Rivierplaas
Rivierplaas

Kom kamp waar dit nog lekker rof en onbeskof is – sonder elektrisiteit en raserige musiek. Rivierplaas is troeteldiervriendelik en tente, woonwaens, boswaens en ryhuise is almal ewe welkom. Daar is ’n diep swemgat, foefieslaaid na die rivier, braaigeriewe en warmwaterstorte. 

Hier kan jy op die rivier vaar, braai, hengel, stap en bergfietsry. Die terrein is rolstoelvriendleik. 

T: 084 710 0139 | E: info@rivierplaas.co.za | www.rivierplaas.co.za 

2. Worcester-seiljagklub 

Geniet die water, son, vars lug en rustigheid by die klub. As jy ’n plek soek vir seil, bootry, hengel, waterski, plankski, sweefski, swem, braai, kamp en kuier, hoef jy nie verder te soek nie - die seiljagklub bied dit alles. Alle woonwa- en 4x4-klubs is welkom. Spesiale aanbiedinge vir groot groepe is ook beskikbaar. Waterponies en honde word ongelukkig nie toegelaat nie. 

Die klub bied: Kanovaart, troeteldiervriendelik, braaigeriewe, hengel, stap, bergfiets¬ry, rolstoelgeriewe. 

T: 023 343 2877 | E: wyc@compnet.co.za | www.rivierplaas.co.za 

HEXVALLEI 

3. Middelberg-kamp 

Die privaat kampterrein het 4 staanplekke met ’n netjiese ablusieblok, gemeenskaplike braaiplek en plonspoel. Die staanplekke het gras en is so natuurlik as moontlik gelaat. Die kampterrein kan slegs met ’n 4x4 bereik word. Die kamp bied: Eko-aktiwiteite, wildbesigtiging en vetplant-flora. 

T: 082 927 0210 | E: carinh7@telkomsa.net 

4. Impangele Mountain Lodge 

Tonnel-Kamp is geleë langs die historiese Hexpas-spoorlyn wat in gebruik was tydens die fleur van verkenning, ’n goue era toe daar om elke hoek en draai avontuur gewag het. Jy is welkom om jou troeteldiere te bring en die wandelroetes in die area te verken. Slegs bakkies of sportnutsvoertuie met ’n goeie grondvryhoogte sal oor die tweespoorpaaie kan ry. 

T: 076 694 6223 | E: impangelemountainlodge@gmail.com 

TOUWSRIVIER 

5. Kopbeenskloof 

Kopbeenskloof
Kopbeenskloof
Kopbeenskloof
Kopbeenskloof

Hier is ? klein en unieke kampplek vir ongeveer 10 woonwaens. ? Groot plaaskombuis en braaikamer is tot beskikking van die kampgangers. Die houtchalets kan meer as 200 mense akkommodeer met lekker warm storte in die ablusiegeriewe. ’n Kampprogram kan volgens behoefte opgestel word met etes wat opsioneel is.

 T: 082 829 6308 | E: kopbeenskloof.karoo@gmail.com | www.kopbeenskloof.co.za

6. Komkyk-woonwapark 

Die woonwapark is op die N1 buite Touwsrivier by die BP-garage geleë, die deurgang na die Karoo en die Kaapse Wynlande. Dit is die ideale plek om te oornag na ’n lang dag se bestuur. Komkyk bied veilige kampering met ’n nuwe ablusieblok, gewaarborgde warm water, elektriese punte by elke staanplek en ’n swembad waar jy kan ontspan. Hier geniet jy Karoogasvryheid op sy beste. Komkyk bied: 24/7-winkel en restaurant op die perseel. 

T: 023 358 1049 | E: info@komkyk.co.za | www.komkyk.co.za

7. Gecko Rock- privaat natuurreservaat 

Gecko Rock
Gecko Rock
Gecko Rock
Gecko Rock
Gecko Rock
Gecko Rock

Die reservaat is genestel in die Nougaspoortvallei, 25 km vanaf Touwsrivier. Gerieflike akkommodasie-opsies wissel van kampering tot ten volle toegeruste, moderne, ekovriendelike hutte. Gaste kan ongerepte uitsigte en die wonderlike sterrehemel geniet, stap, bergfietsry, rotsklim, foto’s neem en 4x4-roetes ry, of sommer net rus. 

T: 023 358 9902 | E: bookings@geckorock.co.za | www.geckorock.co.za 

8. Rangers Reserve-kampering

Rangers reserve
Ranger's Reserve
Ranger's Reserve
Ranger's Reserve

Hier kan jy stap, ontspan, voëlkyk of bergfietsry. Boskuns en oorlewingsopleiding is ook beskikbaar. Die geriewe sluit in ’n onderdakeenheid vir maksimum 12 mense, een onderdakeenheid vir maksimum vier persone of slaan jou eie tent op of parkeer jou kampeerwa. Daar is ’n ablusieblok met ses storte, wasbakke en ’n donkie vir warm water, ’n onderdakbraai-area, pizza-oond en kampvuur. 

T: 083 328 3844 & 023 004 0074 | E: hilarie@rangerssurvivalcraft.com | www.rangersreserve.com

BREEDEKLOOF 

9. ATKV-Goudini Spa 

Goudini Spa
Goudini Spa
Goudini Spa
Goudini Spa

Goudini Spa is rondom die bekende warmwaterbron gebou en dit voer warm, natuurlike fonteinwater na die oord se swembaddens. Die 3-sterge¬gradeerde woonwa- en kampstaanplekke bestaan uit 54 staanplekke, elk met ’n 15A-kragpunt en ’n privaat braai. Netjiese ablusiegeriewe, opwasgeriewe en wasmasjiene is ook beskikbaar.

T: 023 349 8100 | E: goudini@atkv.org.za | www.breedekloof.com 

10. Dwarsberg Trout Hideaway

Dwarsberg-Trout Hideaway
Dwarsberg Trout Hideaway
Dwarsberg
Dwarsberg

Dit is die ideale plek vir forelhengel en gesinsvakansies. Die 11 kampstaanplekke is geleë op die oewer van die Holslootrivier. Almal het privaat ablusiegeriewe, warm water en 8 staanplekke en kragpunte. Ideaal vir groepe van 15-20 mense per staanplek. Koel af in die rivier, ry bergfiets of gaan stap. 

T: 023 349 1919 | E: info@trouthaven.co.za | www.breedekloof.com 

11. Môreson-rivierkothuise & -kampering

Hierdie 10 kampstaanplekke is op die oewer van die Breederivier geleë en is ideaal vir ’n naweekwegbreek. Elektrisiteit en braaiplekke is beskikbaar. Elke staanplek het ’n eie privaat ablusieblok met warm water en nagligte. Alle staanplekke is onder volle skadu en daarom is daar geen gras nie. Bring ’n grondseil. Swem in die rivier, stap in die berg of ry met jou bergfiets deur die wingerde.

T: 072 436 9377 | E: moreson@mb-net.co.za | www.breedekloof.com 

12. Skilpadfontein-kampterrein 

Die kampterrein word deur wingerde omring. As jy op soek is na rustigheid en vrede op die wal van die Breederivier, is dit die plek om te wees. Die ses kampstaanplekke het elkeen ’n kragpunt, braaiplek en ablusiegeriewe met warm storte naby. 

T: 023 344 3135 / 082 419 4991 | E: camp@skilpadfontein.co.za | www.breedekloof.com 

13. Slanghoek-bergoord 

 Slanghoek
Slanghoek

Die oord bied ’n verskeidenheid akkommodasie-opsies, wat ’n safaritent-area insluit. Hierdie permanente tente het ’n en suite-stort en toilet, ’n leefarea, kombuishoekie en verskaf beddegoed en handdoeke. As jy jou eie tent of woonwa het, kampeer jy tussen die wingerde op die oewer van die Slanghoekstroom. Alle staanplekke het gras met privaat ablusiegeriewe en elektriese punt. 

T: 023 344 3138 | E: info@slanghoekresort.co.za | www.breedekloof.com 

14. Alartsoewer 

Hierdie privaat kampterrein is geleë op die oewer van die Holslootrivier en kyk uit oor die pragtige wingerde van die Louwshoekvallei. Swem, stap en bergfietsry is net ’n paar van die aktiwiteite wat jy kan geniet. Die kampterrein kan tot 50 mense huisves en het ablusiegeriewe, warm water en braaigeriewe. 

T: 023 349 1290 | E: alartskraal@compnet.co.za | www.breedekloof.com 

15. Die Watergat-kampterrein 

Hierdie privaat kampterrein, genestel tussen die wingerde, langs ’n dam, is beskikbaar vir groepe van 6-30 mense. Die kampterrein, wat maklik bereikbaar is, bied braaigeriewe en ’n landelike lapa met ’n kombuis- en kroegarea. Toilet, stort en elektrisiteit beskikbaar. Aktiwiteite sluit in vlugbal, swembad en stap deur die wingerde. 

T: 071 209 7888 | E: diewatergat@goudyn.co.za | www.breedekloof.com 

16. Batis and Bass-rivierkamp 

Batis and Bass
Batis and Bass

Die kamp is op die oewer van die Breederivier Geleë waar jy die natuur kan geniet met van die beste voëlkyk- en hengelgeleenthede wat daar is. Dis ’n privaat kamp, wat beteken die hele kamp is daar vir jou eksklusiewe gebruik, of julle nou twee of 15 mense is. Daar is skadu en baie gras. Ablusiegeriewe, ’n gasstort en elektrisiteit is beskikbaar. Jou troeteldier is welkom, mits jy vooraf reël. 

T: 083 229 9002 | E: info@batisandbass.co.za | www.breedekloof.com 

17. River Edge-akkommodasie 

Hierdie privaat kampterrein is langs die Breederivier geleë. Die hele kampter¬rein is joune, of julle nou twee of 32 mense is. Die kampterrein bied ’n klein swembad en lapa-area met ’n opwasplek en ’n groot, ronde vuurmaakplek. Die kampterrein is ook troeteldiervriendelik en bied privaat ablusiegeriewe en elektrisiteit. 

T: 023 004 0054 / 083 556 4947 | E: riveredge@breede.co.za |www.breedekloof.com 

18. Oppi Plaas-kampterrein 

Hierdie rustige kampterrein met sy majestueuse uitsig oor die Slanghoekberge is in die hartjie van die Slanghoekvallei geleë. Die private kampterrein verseker dat jy die hele fasiliteit tot jou beskikking het. Daar is elektriese en ablusiegeriewe, asook ’n swembad.

T: 082 411 6916 | E: rustdustal@breede.co.za | www.breedekloof.com


Breedekloofvallei
Breedekloofvallei