Lus vir ’n gesinsvakansie hierdie Julie by ’n oord waar jy op die see kan bly? Kob Inn bied bekostigbare driester-verblyf. 

Hier is iets vir elkeen in die gesin. Vir die hengelaars is daar die see voor jou en ’n rivier langs jou. Vir die boeklesers en swemmers is daar ’n lekker strand en swembad om te lê en ontspan. Vir die jongklomp is daar hope veilige speelplekke! 

Skuite op die rivier.
Dolfyne aan die Wilde Kus
Kom speel in die sand.
Baljaar in die water.
Ry fiets!
Ry Perd!

Kom ry kano op die rivier, perd op die strand, of baljaar op die tennisbaan of trampolien. Jy kan ook voëlskyk, swem, lyfplankry, dikwielfietse trap of gaan stap. Die oord bied drie etes per dag aan –niemand sloof hom of haar dus in die kombuis af nie! Saterdagaande is seekosaande! 

Al die kamers het hulle eie badkamers en die gesinseenhede het ’n bad vir die kleinspan. Hier is ook geriewe vir troues, verjaardae en konferensies.  

Roei
Ontspan met 'n drankie
Eet soos 'n koning.
Speel tennis
Swem
Kyk die voëls.
Stap lang ente op die strand
Kom trou!
Pret vir die hele gesin

As jy lus is om te braai, kan Kob Inn vleis en braaigoed voorsien. Of wat van ’n bottel vonkelwyn sodat ’n paartjie die sonsondergang kan geniet?  

Moenie verder soek nie – bespreek nou!

Kontakbesonderhede :

www.kobinn.co.za

e-pos: info@kobinn.co.za

Tel: 0474990011

Sel: 0834520876