As jy nog altyd gedroom het van die befaamde Inka-staproete na Machu Picchu in Peru, een van die nuwe Sewe Wonders van die Wêreld, het jy nou die geleentheid van ’n leeftyd. Weg neem in Augustus twee klein groepe na Peru om hierdie merkwaardige roete te stap.

As jy nog altyd gedroom het van die befaamde Inka-staproete na Machu Picchu in Peru het jy nou die geleentheid van ’n leeftyd...

As die datums jou nie pas nie, kan jy die Weg-afslag gebruik vir enige datum vóór 14 Desember. Dan sal jy saam met ’n groep oorsese stappers op die Inka wees, wat ook ’n heerlike ervaring is. Of hark sommer ’n paar pêlle bymekaar en maak jul eie groep vir enige datum wat julle pas. As jou reismaat nie lus het om saam met jou te stap nie, sal Intrepid Travel alternatiewe aktiwiteite vir hom/haar in Peru organiseer vir die tyd wat die stappers op die Inka is. 

Wat behels dit:

Die Inka is ’n vierdagstap in die Andes, wat eindig met ’n skouspelagtige aankoms by Machu Picchu via die Sonvalleipoort. (Jy bereik dus die antieke ruïnes van “bo” af.) Dit het taamlike oppe en affe, maar is binne die meeste stappers se bereik.

Die toer sluit ekstra nagte in Cusco en Ollantaytambo in sodat jy kan akklimatiseer. (Die hoogste punt op die Inka is 4200 meter bo seespieël.) 

Die stap is semi-luuks, wat beteken die toerprys sluit jou etes tydens die staptog in (berei deur opgeleide sjefs), alle geriewe (tent, matras, kookgeriewe) en portiere wat jou baggasie help dra. 

Wat sluit die toerprys in:

  • ’n Plaaslike Engelssprekende gids in Peru, sowel as op die Inka
  • Maaltye en sommige drankies
  • 6 ontbyte
  • 4 middagetes 
  • 4 aandetes
  • Verblyf (drie nagte in hotelle, 3 nagte in tente op die Inka) 
  • Aktiwiteite (soos uiteengesit in die brosjure)
  • Toegangsgeld tot die Inka en Machu Picchu
  • Vervoer na en van die lughawe
  • Vervoer in lugversorgde busse en treine (na en van die Inka) 
  • 24-uur-bystand deur ons plaaslike kantoor 
Die ervaring van 'n leeftyd
Die ervaring van 'n leeftyd

Wat is nie ingesluit nie:

  • Vlugte en lughawebelasting (tensy jy die pakket bespreek wat die vlugte insluit) 
  • Dienste en aktiwteite wat nie genoem word nie
  • Ekstra visums (Suid-Afrikaners het nie visums vir Peru nodig nie) 
  • Vroeë inteken of laat uitteken by hotelle
  • Maaltye en drankies wat nie op die brosjure genoem word nie
  • Fooitjies vir leiers, gidse en bestuurders
  • Persoonlike uitgawes
  • Reisversekering

Wat kos dit (vir die toere in Mei en Augustus):

Toerprys* sonder vlugte: R15 635

Toerprys* met vlugte: R33 290

*Per persoon wat deel. Enkelinge is welkom, maar ’n bybetaling geld. 

Bespreek by weg@flightsite.co.za


Opsie 2

Of bespreek op jou eie by Flight Site (weg@flightsite.co.za) en gebruik die kode 66934 om bogenoemde spesiale tariewe te kry. 

Bespreek: Tussen 21 Januarie en 28 Februarie 2019

Reis: Voor 14 Desember 2019

Bepalings en voorwaardes geld. 

Let wel:
Jy moet ’n deposito van 50% betaal wanneer jy bespreek, en die uitstaande bedrag vereffen 56 dae voor jy reis.  As jy 56 dae voor jou vertrek bespreek, moet jy die volle bedrag betaal tydens bespreking. Pryse kan verander. 


Alles wat jy moet weet

  • Oor die moets en moenies van die Inka, lees hier.  
  • Oor die geskiedenis van die Inka, lees hier
  • As jy wil weet wat jy spesifiek vir die Inka moet inpak, lees hier.  
  • As jy solank wil oefen, lees hier

Foto’s is met die Canon M50 geneem.