Stap vir 7 dae in die Karoo se eie canyon, die Buffelsrivier, en word betower deur die fauna en flora, geologie en geskiedenis van dié periodieke rivier waar dit deur afgeleë plase in die Moordenaarskaroo kronkel. Die stap begin op 700 meter bo seespieël naby Laingsburg en eindig op 1712 meter op die Komsberg suid van Sutherland. Jy stap ’n gemiddeld van 18 km per dag in die rivierloop en/of die veld, met ’n totale afstand van ongeveer 108 km. 

moordenaarskaroo
Koehieee!
moordenaarskaroo
Doer onder loop die pad
moordenaarskaroo
Pragtige landskap
Op hierdie stap dra jy slegs jou dagsak met padkos en drinkgoed. Alle ander benodigdhede word daagliks na die volgende oornagplek vervoer, waar die ondersteuningspan vir jou kamp opslaan. Ontbyt, middagete en heerlike aandetes rondom ’n kampvuur word ingesluit. Ons waarborg intense stiltes en sterre van die Karoo... 

Dag 1: Jy begin op die Laingsburg-Sutherland-grondpad, waarvandaan stappers vir 13,5 km die Moordenaarskaroo instap tot by die eerste oornagplek wat uitkyk oor een van die Buffelsrivier se vele blou kranse. 

Dag 2. Die eerste dag in die rivierloop vergaap stappers hulle aan asemrowende sandsteen- en versteende modderkranse, witkruisarende, rotstekeninge en murasies. Die aand slaap ons in die klipkraal van ? ou plaasopstal. 

Dag 3. Hoe verder die roete strek, hoe wyer word die landskap. Dit is ’n dag wat die ongenaakbaarheid van die landskap blootlê, maar die aand kampeer ons in styl met ’n reuse-kampvuur, warm storte (met ’n enorme donkie) en spoeltoilette. 

moordenaarskaroo
Geniet ongelooflike uitsigte
moordenaarskaroo
'n Ongewone rusplek
moordenaarskaroo
Pragtige sonsondergange
moordenaarskaroo
Kuier saans om die kampvuur

Dag 4. Die roete volg die loop van een van die voedingsriviere van die Buffelsrivier en die terrein wissel tussen digte plantegroei, dongas en klipplate. Jy sal leer wat “riller se tande” beteken... Ons kampeer die nag in ? “dooie pan”. 

Dag 5. Die roete volg’n tweespoor-pad deur ’n uitsonderlike kloof tot bo-op die Komsberg, 1712 meter bo seespieël. Die uitsig op die westelike deel van die Moordenaarskaroo en die oostelike deel van die klein Roggeveld is asemrowend. Dieselfde pad word terug gestap tot onder in die kloof, gevolg deur ’n laaste stukkie grondpad tot by die aand se oornagplek. Ons oornag in ’n plaashuis aan die voet van die Komsbergpas, suid van Sutherland. 

moordenaarskaroo
Jy stap meestal op droë sand
moordenaarskaroo
Die omgewing kan ongenaakbaar wees
moordenaarskaroo
'n Pragtige omgewing vir fotograwe

Dag 6. Ons stap die Komsbergpas uit vir ’n laaste uitsig oor die Roggeveld. Ons slaap bo-op die plato, voor die terugtog die volgende oggend. 

Dag 7. Almal vertrek die oggend terug na Laingsburg. 


moordenaarskaroo
Die Buffelsrivier se rivierloop
moordenaarskaroo
Ontmoet interessante mense
Vinnige feite
Waar: Moordenaarskaroo, tussen Laingsburg en Sutherland

Wanneer: 21-27 Maart 2019; 21-27 September 2019

Koste: R4500 p.p.

Ingesluit: veilige parkering vir voertuie op Laingsburg, alle etes, drinkwater, vervoer van stappers se benodigdhede, ondersteuningspan wat kamp opslaan, warm waswater saans.

Stappers bring: eie tent, matrassie, slaapsak, kampstoel, peuselkos, drinkgoed. 

Hoe stapfiks moet jy wees? Dis goeie oefening vir ’n camino... en die Vis...

Moeilikheidsgraad: die terrein is meestal ’n droë rivierloop, met dik sagte/harde sand, klippe en klipbanke. Soms loop jy op ’n grondpad. 

Ons waarborg: sterre, stiltes, kampvuur, comfort kos, ruwe kranse, ongeëwenaarde uitsigte.

Ons onderskryf die beginsels van die Leave no trace-beweging

  • Ons stap en kampeer op vaste grond.
  • Ons dra ons vullis saam of ry dit weg.
  • Ons versteur nie die omgewing nie en tel niks op nie.
  • Ons maak klein, beheerde kampvure.
  • Ons respekteer die wildlewe.
“Spend time in the wilderness – places where landscape and sky overwhelm you – and you start to change. In the city you’re caught in a rat race and you’re fighting to maintain ego. But in the wilderness you can lose your sense of self. You start realising that you are just a tiny cog in an enormously complex system. Your perspective changes and you identify less with your little ego and your little drama. That’s the inner journey. But of course your literal journey brings other kinds of discovery. Spend enough time in the wilderness and, in addition to the landscape and scenery, you might find old artefacts, or come across caves covered in paintings. You might find that, even though you have no knowledge of what it’s all about, you have a strong emotional reaction to the wide open spaces we call wilderness.”
Craig Foster in "My Heart Stands in the Hill", 2005

Kontak

Fránci Vosloo by 0833866270 (verkieslik whatsapp) of stuur ’n e-pos na francivosloo1@gmail.com

Besoek ons Facebook-blad: Buffels River/Moordenaarskaroo hike; @moordenaarskaroohike