FOTO: Toast Coetzer.

Tee, saam met koffie en toerisme, is een van die land se grootste bedrywe. Rwanda se vrugbare vulkaniese grond is perfek vir die verbouing van tee. Die pad van Gisenyi af suidwaarts na die Nyungwe- nasionale park is een van die mooiste roetes in Afrika, met uitsigte oor die Kivumeer – en bergpas op bergpas op bergpas.

Lees ook die artikel oor Rwanda in Weg #153.