Hugo en Elmien Roux, wat ook ’n drukkery op die dorp besit, het in hulle huis begin bier brou. “Ons het dit vir onsself gedoen,” vertel Hugo. “Ons wou bier maak wat ons wil drink as ons laatmiddag op die stoep sit.”


Hier is skaars plek vir ’n muis, maar Hugo is in sy element. Hy draai kleppe oop en toe, roer die janskruid (bier voordat dit gegis is) en monitor temperature. Die hele operasie lyk primitief én modern. Tussen die gistenke en elektriese skale speel ’n konfytpot en gasstoof net so ’n belangrike rol. Hugo bottel die bier met die hand en vul die seisoenale bier se etikette in. 

Hulle bier – met name soos Weskus Brekfis, Fisker, Hoppy In Love en Moedersmelk – is beskikbaar by verskeie restaurante in die kontrei. Koop gerus ’n paar bottels vir jóú stoep.

Waar? Queens Cottage, Suffrenstraat 4. (Oor Paasnaweek sal hulle gesluit wees op Goeie Vrydag en Paas-Sondag) 

Koste Die biere kos tussen R25 en R60.

Kontak 022 772 0594; bebc.co.za

Klik hier vir nog doendinge op Langebaan:


Die volledige Langebaan-storie (met bly- en eetplekke) het in Weg #155 (September 2017) verskyn.