Hier is 15 van ons gunstelingbestemmings en -doendinge in Suid-Afrika. Besoek een, besoek almal... hoe ook al, klim in jou kar en verken dié jaar jou land.

1. Verneukpan, Noord-Kaap 

Verneukpan
Verneukpan. Foto: Sam Reinders

Die meeste mense het al van Verneukpan gehoor, maar min het nog op dié kaaltes oornag. Kom slaan jou tent op – die kans is goed jy’s die enigste een hier. 

Lees meer hier.

- Willem van der Berg

2. Gannagapas, Tankwa-Karoo 

Gannagapas
Gannagapas. Foto: Willem van der Berg

’n Mens moet probeer om elke jaar ’n stuk of drie nuwe paaie te ry. Sit die Gannagapas vanjaar op jou lys. Dié grondpad kronkel uit die Tankwa-Karoo en teen die Roggeveldberg uit (sowat 35 km suid van Middelpos).

Lees meer hier.

- Willem van der Berg

3. Die vallei van verlatenheid, Graaff-Reinet 

Die vallei van verlatenheid
Die vallei van verlatenheid. Foto: Jac Kritzinger

By die uitkykpunt oor die Vallei van Verlatenheid (ook genoem die Katedraal van die Berge) tuur jy oor die vlaktes van die Kamdeboo. 

Lees meer hier.

- Jac Kritzinger

4. De Hoop, Richtersveld 

De Hoop
De Hoop, Richtersveld. Foto: Willem van der Berg

Hierdie kamp op die oewer van die Oranjerivier is die “gewildste” kampplek in die Richtersveld-oorgrenspark, maar moenie moed verloor as die gedagte aan ’n spul mense jou ontsenu nie. Konteks is hier belangrik...

Lees meer hier.

- Pierre Steyn

5. Boulders, Simonstad 

Boulders, Simonstad
Boulders, Simonstad. Foto: Ronel Steyn.

Dis alte lekker om teen sonsondergang styf langs ’n geliefde op ’n strand te sit en oor ’n satyngladde baai te tuur. Maar jy gaan asem ophou wanneer een van die mees bedreigde voëls op die aardbol na jou aangeswem kom, in die vlak water regop staan en kordaat verby jou waggel.

Lees meer hier.

- Pierre Steyn

6. Kokerboomwoud, Nieuwoudtville 

Kokerboomwoud
Kokerboomwoud, Nieuwoudtville. Foto: Willem van der Berg

Teen sonsopkoms staan die puntige blaartrosse van die kokerbome soos sterre teen die hemel in silhoeëtte uitgekerf. Dan kry die gladde stamme lewe: Eers glim dit spookagtig wit in die effense lig, maar namate die son klim, lyk die eienaardige bas vol voue en krake al hoe meer soos repe goue foelie waarin die boom toegedraai is.

Lees meer hier.

- Sophia van Taak

7. Tafelberg, Sederberg 

Tafelberg, Sederberg
Tafelberg, Sederberg. Foto: Sven Hugo

As jy aan die voet van Tafelberg in die Sederberg staan, lyk dit soos ’n enorme sandsteen-deurstop wat op ’n plato staan. Dis ’n berg bo-op ’n berg. 

Lees meer hier.

- Sven Hugo

8. Die Otterstaproete, Tuinroete 

Die Otterstaproete
Die Otterstaproete, Tuinroete. Foto: Suzaan Hall

Op die Otterroete van 45 km staan jy die een oomblik op ’n krans die verte in en tuur terwyl die branders onder jou dreun, en die volgende oomblik draai jy woud-in en word alle geraas deur ’n digte blaredak uitgedoof sodat jy mooi kan luister hoe ’n bandkeelkleinjantjie iewers bo jou sy liedjie sing.

Lees meer hier.

- Suzaan Hall

9. St. Blaze Trail, Mosselbaai 

St. Blaze Trail
St. Blaze Trail, Mosselbaai. Foto: Lawrette McFarlane

’n Mens kan skaars glo hierdie dagstap tussen Mosselbaai en Danabaai is gratis. Die seelug is vars, die fynbosveld is vrolik en die uitsigte 180°!

Lees meer hier.

- Lawrette McFarlane

10. Waterfall Bluff, Wildekus 

Waterfall Bluff
Waterfall Bluff, Wildekus. Foto: Evan Naudé

’n Mens kan nie help om dankbaar te wees dat grootskaalse ontwikkeling die Wildekus gesystap het nie. Dis waarskynlik van die mees ongerepte landskappe in Suid-Afrika. 

Lees meer hier.

- Evan Naudé

11. Hluhluwe-iMfolozi-wildreservaat

Hluhluwe-iMfolozi-wildreservaat
Hluhluwe-iMfolozi-wildreservaat. Foto: Luke Patterson.

As jy in Suid-Afrika gewaarborg wil wees om ’n renoster te sien, kan jy mik vir ’n dieretuin of die oudste reservaat in die land: die Hluhluwe-iMfolozi-wildreservaat. Maar wie wil nou dieretuin toe gaan?

Lees meer hier.

-François Haasbroek 

12. Maputaland 

Maputaland
Maputaland. Foto: GALLO/GETTYIMAGES.COM

In November elke jaar swem dragtige leerrug- en karetseeskilpaaie uit die diepsee na die strande tussen die kusdorpie St. Lucia en Kosibaai in die noorde van KwaZulu-Natal. Anders as ’n erdvark in die Kruger, is jou kanse redelik goed om die seeskilpaaie te sien, want die Parkeraad hou die neste met ’n arendsoog (en GPS) dop en die gidse lees die strand soos ’n spoorsnyer.

Lees meer hier.

- Evan Naudé 

13. Barberton-Georoete

Foto: Erns Grundling
Barberton-Georoete. Foto: Erns Grundling

’n Mens kan die Barberton-Georoete telkemale beleef en élke keer iets nuuts leer – al is dit net om jou tong om nóg ’n geologiese term te kry. 

Lees meer hier.

- Annemarie van der Walt

14. Punda Maria, Krugerwildtuin

Punda Maria
Punda Maria, Krugerwildtuin. Foto: Esma Marnewick

Die Kruger se noordelikste ruskamp, Punda Maria, is een van daai ouwêreldse plekke. Dié klein ruskamp vang iets vas van die gees van die avontuurlike begindae van die Kruger. 

Lees meer hier.

- Esma Marnewick

15. Panoramaroete, Blyderiviercanyon

Panoramaroete
Panoramaroete, Blyderiviercanyon. Foto: Esma Marnewick

Mpumalanga se Panoramaroete gaan jou verwonder laat. Dié roete loop al langs die verre noordoostelike punt van die Drakensbergse platorand, waar die Hoëveld die knie tot in die Laeveld buig.

Lees meer hier.

- Esma Marnewick