Hier kan jy en jou gesin deelneem aan ’n verskeidenheid avontuuraktiwiteite en meer inligting kry oor reisbestemmings en toerusting by die stalletjies met ’n avontuurtema.  

Die naweekprogram sal die adrenalien laat pomp: Neem deel aan ’n bergfietswedren, doen een van die wedlope of neem deel aan’n “Amazing Race”-kompetisie!

Wanneer?

5-7 April 2019

Waar?

Meerendal-wynlandgoed, Durbanville

Só lyk die progam

5 April:

Avontuur-kompetisie:

Spanne van twee kan deelneem aan die interaktiewe kompetisie, die skou se eie “Amazing Race”. Dit word Vrydagaand van 6 nm. tot 8 nm. aangebied. Julle doen ’n skattejag op soek na produkte en moet aktiwiteite voltooi by van die uitstallers se staanplekke. Die eerste span wat al die take suksesvol afhandel wen R20 000, wat hulle by sekere van die staanplekke kan uitgee.

Daar is net plek vir 20 spanne: Bespreek nou jou plek hier.

Foto: Verskaf

6 April:

Bergfietskompetisie:

Die Bergfietskompetisie het ’n prettige en maklike roete vir al die beginner-entoesiaste en ’n meer tegniese roete vir die meer ervare ruiters. Jou inskrywing sluit ook jou toegang tot die skou in. 

Skryf hier in.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

7 April:

Hardlooproete:

Die uitdaging bestaan uit ’n prettige, meer ontspanne roete vir beginners en ’n meer uitdagende roete vir die ervare atlete.Is jy gereed vir ’n naweek propvol avontuur? Nog inligting www.adventurelifestyleshow.co.za

Kry jou kaartjies vir die skou hier.

Koste:

R80: Dagkaartjie

R150: Familiekaartjie (4 mense)

R150: Vir die naweek