Worcester

Leipzig Country House & Winery 

Op hierdie werkende boetiekplaas kan jy bergfietsry, wyn proe, op ’n trekker ry, swem, in die veld loop of die geheime skilpadtuin besoek.

023 347 8422 | info@leipzigcountryhouse.co.za

Fairy Glen-wildreservaat 

Beleef ’n ongelooflike safari-avontuur in hierdie Groot 5-reservaat. Slaap oor sodat jy snags die brul van die leeus kan hoor.

021 424 9173 | reservations@fairyglen.co.za

Bonamanzi Adventures

Dis die perfekte bestemming vir groepe, families of spanbousessies vir die werk. Kuier saans om die vuur, roei op die rivier, proe wyn … of kom ontspan sommer. Slaap oor in die lodge.

082 9522 668 | info@bonadv.co.za

Breedevallei
Bly in 'n boomhuis by Bonamanzi.
Breedevallei
Hier is goeie onthaalgeriewe

Overhex Bistro

 Overhex is net buite Worcester op die R60-pad na Robertson geleë. Die kinders kan speel terwyl ma en pa met bekroonde wyne ontspan. 

023 347 5012 | functions@overhex.com

Kleinplasie

Kom smul aan tradisionele kos by Kleinplasie in Worcester, net langs die Worcester-museum. Hier is ’n koffiewinkel en kunsmark, en kinders kan met die plaasdiere kennis maak. 

023 347 0091/www.kleinplasie.org.za. 

Worcester-museum

Leer meer oor die streek se ryk geskiedenis, wat insluit die era van die jagterversamelaars en trekboere. Sien hoe brood gebak word, koffiebone gerooster word en tabak geprosesseer word. Ry op ’n trekker en ’n donkie. 

023 342 2225 | ellen.strauss@westerncape.gov.za

Breedevallei
Daar is baie om te sien en leer by die Worcester-museum.
Breedevallei
Beleef die streek se kultuurskatte.

Mer-Dragon-ruiterkunssentrum 

Kom ry perd in die Brandwachtvallei buite Worcester. Oud en jonk, beginner- sowel as ervare ruiters is welkom.

082 624 6381/ karenallen144@gmail.com

Pure Boland-plaasmark 

Op die eerste Saterdag van elke maand (behalwe Januarie) word die groen skuur by Brandwacht as ’n mark ingerig. Sowat 45 produsente kom stal by die Pure Boland-mark uit. Bring die hele gesin. Vir die kinders is hier ’n speelterrein en aktiwiteite soos gesigverf. 

082 301 8561 | tharina@realevents.co.za

Worcester Waterfront-mark

’n Gesinsvriendelike mark wat aan die einde van elke maand by die Mountain Mill-winkelsentrum plaasvind. Besoek Mountain Mill se Facebook-blad vir besonderhede. 

083 822 6698/ 023 347 0415 | arie@mountainmill.co.za 

NID-teetuin 

Die NID-teetuin is een van agt sake-opleidingsentrums wat deur die Nasionale Instituut vir die Dowes bestuur word. Kom beleef heerlike maaltye en uitstekende diens. Dowe studente word hier opgelei om hul plek in die werksmark vol te staan. Hier is ook ’n onderdakspeelplek vir kinders en baie parkeerplek. Weeksdae van 9:00 tot 17:00 en Saterdae van 9:00 tot 13:00. 

083 324 8173 | lindsaypiek@nid.org.za

Saggy Stone-brouery

Saggy Stone is op die plaas Amandalia (tussen Rooiberg en Nuy) geleë. Volg die grondpad na hierdie versteekte juweel en drink bier aan die voet van die berg. Die twee Robinson-broers, Phillip en Adrian, het in 2008 begin bier brou en hul onderneming gaan van krag tot krag. Saggy Stone is oop van Vrydae tot Maandae, sowel as openbare vakansiedae van 11:00 tot 16:00. Kinders en troeteldiere is welkom.

023 004 0301/0658645513 | book@saggystonerestaurant.co.za

Breedevallei
Kuier buite by Saggy Stone.
Breedevallei
Kom hier vir die bier

Worcester Yacht Club 

WYC is op die oewer van die Brandvleidam buite Worcester geleë en is ’n paradys vir watersportentoesiaste. Hier kan jy bootry, seil, visvang, waterski, vlieërplankry, swem, kampeer en kuier. Naweekkampeerders en dagbesoekers is ook welkom.

023 343 2877/072 515 0955 |bookings@wyc.co.za

Nuy on the Hill

Dit is die perfekte plek vir wynproeë en wynkombinasies te toets. Hier is ook ’n restaurant, deli en padstal. Vir die kinders is daar ’n speelterrein en speelkamer. Hier is ook onthaalgeriewe en plek om buite te eet.

023 347 0272 | onthehill@nuywinery.co.za

Breedevallei
Die wyn is uit die boonste rakke by Nuy On the Hill.

Hexvallei

Modderdrift

Besoek die Modderdrift-stoor en pluk jou eie druiwe. Dis pret vir die hele gesin. Net Januarie tot Maart, bespreking is noodsaaklik. 

082 447 3885 | jbeukes@modderdrift.co.za

Breedevallei
Kom pluk jou eie druiwe by Modderdrift.
Breedevallei
Dis pret vir die hele gesin.

Veldskoen-padstal  

Die Veldskoen is bekend vir sy kos! Kom ook hierheen vir die vars produkte en antiekware, gesellige kaggelvuur, rustige teetuin en veilige speelgebied vir die kinders. Die padstal sit reg langs die N1 naby De Doorns. Beslis die besoek werd. 

023 356 2619 | deliciousn1@gmail.com 

Breedevallei
By Veldskoen gaan jy lekker eet!
Breedevallei
Kom kuier in die teetuin.


Matroosbergstasie 

As jy ’n versteekte juweel in die Karoo soek, kom hierheen. Die ou stasiegebou is gerestoureer en bied nou verblyf in ’n unieke plattelandse omgewing. Spoorweg- en natuurliefhebbers, musiek- en kunskenners sal mal wees oor die plek. Hier is ook lekker stap- en fietsryplek. 

+27 61 583 4269 | graham@g1bt.com

Breedevallei
Welkom by Matroosberg.
Breedevallei
Dis 'n versteekte juweel

Touwsrivier:

Kopbeenskloof 

Dis ’n kindervriendelike plaas wat tot 240 mense kan huisves. Kom kamp hier met jou skool- of kerkgroep. Hier kan kinders skape en die fynbos leer ken. Heerlike etes en gerieflike slaapplek is beskikbaar.

082 829 6308 | Kopbeenskloof.karoo@gmail.com

Aquila- Privaat Wildreservaat en Spa

Aquila is ’n vierster, gesinsvriendelike Groot Vyf-reservaat en spa. Alle ouderdomme is welkom op die 4x4-safari’s. Verskillende soorte verblyf is beskikbaar. Jy kan ook jou kinders in die namiddag by die Kids Adventure Zone los, waar hulle onder toesig sal baljaar. Terwyl ma en pa die spa gebruik, kan die kinders mini-gholf en reuse-skaak speel, en op ponies ry. Aquila het ook ’n junior wildbewaringsprogram waar kinders leer oor bewaring, spoorsny, die Groot Vyf en basiese oorlewingsvaardighede.

021 430 7260 | res@aquilasafari.com

Breedekloof

ATKV Goudini Spa

Dié warmwaterbron sal weer ’n huppel in jou stap sit. Hier is genoeg aktiwiteite om jou die hele vakansie besig te hou. Die oord bied ’n verskeidenheid van selfsorgverblyf aan. Kom swem in die warm swembaddens, ry op die glybane, speel tennis of vlugbal, of gaan stap in die omgewing. 

023 349 8100 | goudini@atkv.org.za

Breedevallei
Dis altyd lekker by Goudini Spa.

Wyserdrift-wildritte

Wysersdrift is ’n wyn- en natuurlewelandgoed waar ’n groot verskeidenheid wild en voëls gesien kan word. Doen ’n wildsafari in ’n oopdakvoertuig en sien die buffels, elande, koedoes, wildebeeste, kameelperde en meer. Die kwaggateelprogram doen belangrike werk om die dier van uitwissing te red.

082 822 9497

Slanghoek-kelder

Kom na Slanghoek vir ’n truffel-en-wyn-kombinasieproe. Die kinders se truffels word met druiwesap voorgesit. 

023 344 3026 | info@slanghoek.co.za

Jasons Hill

Jason’s Hill bied ’n verskeidenheid van grootbordgeregte aan vir oud en jonk. Kom geniet dit op die terras of op die grasperk voor die proelokaal. Die speelpark het ’n glyplank, wipmat, swaaie, trampolien en ’n lekker grasperk. 

023 344 3256 | info@jasonshill.co.za

Bosjes

Hier is twee restaurante: Die Bosjes-teetuin is in ’n amfiteater in die Chapel-tuine geleë en bedien sout- en soetgoed; die Bosjes-kombuis is ’n bistro-styl restaurant, waar jy fynproewergeregte kan eet terwyl kinders in die parkie langsaan speel. Die Bergkamp het staproetes, en kameelperde, bontebokke, sebras en volstruise kan onder op die 5 km- en 12 km-roetes gesien word. Voëlkykers sal ook die omgewing geniet.

023 004 0496 | info@bosjes.co.za

Die Eike-restaurant

Die Eike-restaurant word deur wingerde omring en bied pragtige uitsigte oor die berge. Dis ’n gesinsvriendelike restaurant wat bekend is vir sy pizzas en burgers en bied lekker speelplek vir die kinders. Hier is ook klouterplek en ’n springkasteel vir kinderpartytjies. Kuier in die winter om die kaggel.  

023 344 3220 | 074 501 3464

Ou Meul-bakery @ Du Toitskloof-kelder

Kom na Ou Meul-bakery by Du Toitskloof-kelder vir ’n verskeidenheid van vars gebakte brode en tertjies, en die beste koffie in die streek! (Bootlegger!) Kom smul ook aan die pizzas, burgers, vars slaai en bekende pasteie. Geniet ook die Du Toitskloof-wyn, Bloedlemoen-jenewer of boetiekbier terwyl jy ’n oog hou oor die kinders wat op die klimraam of op die grasperk speel. 

023 004 0226.

Ou Stokery

Die restaurant, wat geopen is om die plaaswerkers se omstandighede te verbeter, sit vars, plaaslike kos voor. Die vleis word op die perseel gerook en met lekker bykos voorgesit. Die tuin bied ’n veilige speelplek vir die kinders.

082 511 0500

Slanghoek Mountain Resort

Slaap oor in die selfsorghuise of tentkamp, of bring jou eie kampgoed. Slanghoek is spesiaal in elke seisoen.Kom ry perd, speel mini-gholf, stap, vang vis of swem. 

023 344 3138 |  info@slanghoekresort.co.za www.slanghoekresort.co.za

Breedevallei
Slanghoek het 'n lekker tentkamp.
Breedevallei
Kom geniet die uitsig.
Breedevallei
...die natuur.
Breedevallei
...en die kos by Jason's Hill.

Opstal-restaurant

Beleef die fynproewergeregte van sjef PJ Lombard en die besonderse wyn. Toeriste én die locals hang hier uit. Kuier in die wintermaande by die kaggel en sit buite by die tafels in die somer. Vir die kinders is hier ’n speelterrein.

023 344 3001 | wine@opstal.co.za

Du Kloof Lodge

Kom geniet die gasvryheid, moderne geriewe en fynproewersgeregte op die oewers van die Molenaarsrivier. Dis ’n goeie bestemming vir ’n troue of wittebrood, vir wynliefhebbers en kunsvlieghengelaars. Du Kloof het ses damme wat ryk is aan forel. Jy mag die forel vang, maar moet betaal vir alles wat jy gevang het. 

023 349 1151 | info@duklooflodge.co.za

Vredelus Stables

Ervaar die Breedekloofvallei op die rug van ’n perd. Die roetes loop deur die berge en strome. Die hele gesin is welkom. Die wyntoer te perd na Badsberg is baie gewild. Kinders en volwassenes, en ervare sowel as beginnerruiters is welkom.

082 434 2299


Breedevallei
Breederiviervallei Munisipaliteit