St. Helena
St. Helena

Die eiland spog met pragtige natuurskoon, ’n oorvloed vendemiese diere en plante, en ’n ryk geskiedenis en kultuurlewe. As jy ’n bestemming wil verken wat ’n bietjie meer buitengewoon is, móét jy St. Helena op jou lys sit. Dié eiland van 122 km² sal jou na ’n nuwe wêreld meevoer.

As jy ’n bestemming wil verken wat ’n bietjie meer buitengewoon is, móét jy St. Helena op jou lys sit

Toe die Portugese in 1502 die kus van St. Helena bereik het, was die eiland onbewoon. Dit het egter vinnig ontwikkel in ’n belangrike ankerplek vir skepe wat tussen Europa, Suid-Afrika en Asië onderweg was. St. Helena het in 1934 ’n Britse kolonie geword, en is nou ’n oorsese gebiedsdeel van Brittanje. Tot taamlik onlangs kon jy St. Helena nét met ’n vyf dae lange reis per posboot bereik.

www.flyairlink.com
Kom klim berg

Nou is Airlink egter die eerste en enigste lugdiens wat na hierdie magiese bestemming reis, wat die eiland meer toeganklik as ooit vantevore maak.

www.flyairlink.com
Die St. Helena-kiewiet

Vanaf die oomblik dat jy jou voet van die vliegtuig af gesit het, sal elke oomblik op St. Helena onvergeetlik wees. Verkyk jou bedags aan die eiland se voëllewe, soos die St. Helena-kiewiet (wirebird), wat endemies is tot die eiland. Hier is ook ’n verskeidenheid fauna en flora – die eiland se hooglandgebied huisves meer as 400 inheemse spesies. Die water om die eiland is ook die tuiste van ’n verstommende hoeveelheid seediere.

Verken die see
Verken die see
www.flyairlink.com
Of maak jou lyn nat

Verken die eiland deur te snorkel of te duik, of gaan swem saam met die walvishaaie. Jy kan ook die seediere van ’n seiljag af dophou, soos die boggelrugwalvis, stompneus- en growwetanddolfyn, karet- en groenskilpaaie, sowel as die duiwelvis.Gaan ontmoet vir Jonathan, sover bekend die oudste lewende skilpad ter wêreld. Jonathan het moontlik al in 1832 uitgebroei en is in 1882 van die Seychelle af op die eiland hervestig. 

Verken die eiland deur te snorkel of te duik, of gaan swem saam met die walvishaaie
www.flyairlink.com
Ontmoet vir Jonathan

As jy in die geskiedenis belang stel, moet jy ’n draai maak by Longwood House, waar Napoleon sylaaste dae in ballingskap deurgebring het, of besoek sy graf in die Sane-vallei.

Die eiland is lank gebruik as ’n tuiste vir krygsgevangenes. Dinuzulu kaCetshwayo is byvoorbeeld in 1890 hierheen gestuur omdat hy ’n Zoeloe-opstand teen die Britte gelei het.Tydens die Boereoorlog is sowat 6 000 Boere, ook Piet Cronjé, hierheen as krygsgevangenes gestuur. Dis die moeite werd om die krygsgevangenekamp by Deadwood Plain te besoek, sowel as die Boeregrafte by Knollcombes.

Daar is meer as een fort waar jy van die interessante geskiedenis van die eiland kan leer.

St. Helena se geheime wag om ontdek te word. Vlieg met Airlink na St. Helena om herinneringe te skep wat jy nêrens anders ter wêreld kanervaar nie.

www.flyairlink.com