Droom jy oor ’n tropiese eilandvakansie? Verken die skiereiland van Nosy Be aan die kus van Madagaskar waar elke oomblik magies is.

Hier is wit strande, eksotiese woude en interessante markte... dus iets vir elke voorkeur. Nosy Be word omsoom deur kokosneutplantasies en kristalhelder water en dis een van die mooiste kuslyne in die Indiese Oseaan.

Kom hierheen om te swem, snorkel of duik in die turkoois water wat die tuiste is van korallriwwe en eksotiese seelewe.

Foto: Sakatia Lodge
Foto: Chris Hoare

Nosy Be is ’n ideale bestemming vir seeliefhebbers, want hier kan jy skubaduik en ook sportvisvang. Of beleef die helder water uit ’n luukse katamaran.

Nadat jy tyd op die strand deurgebring het, kan jy die eiland se flora verken. Wees op die uitkyk vir die eiland se inheemse diere soos lemurs en luiperdverkleurmannetjies in die tropiese woude. Nosy Be is plaaslik bekend as “Nosy Manitra,” wat geureiland beteken. En jy sal dit gou begryp wanneer jy die geur van die blomme inadem.

Ontdek die Malgassiese kultuur terwyl jy deur die kleurryke markte wandel op soek na aandenkings om saam te neem huis toe. Geniet die plaaslike kos en vars seekos, asook die heerlike plaaslike rum. Wie sal nou nie hier wil kom vakansie hou nie?

Foto: Time & Tide
Foto: Time & Tide
Foto: Time & Tide
Foto: Time & Tide

Airlink is ’n privaatmaatskappy wat jou direk van Johannesburg na Nosy Be sal neem op ’n vlug van minder as vier uur. Aangesien Nosy Be deel is van ’n skiereiland, kan besoekers maklik daguitstappies onderneem na omringende eilande.


Gaan na www.flyairlink.com/destinations/flights-to-nosy-be of gesels met ’n reisagent om jou wegbreek na Nosy Be, Madagaskar, te reël.