Molopo het verblyf wat elke sak sal pas

As jy lus het vir gerieflik oorbly op pad na die Kgalagadi, Namibië of Botswana, draai af by Molopo Lodge 191 km noord van Upington. Rietfontein-grenspos is 70 km vanaf Molopo Lodge en bied toegang tot Keetmanshoop (205 km), Marienthal (432 km) of Windhoek (697 km).

Die Bokspits-grenspos na Botswana is 4 km vanaf die Lodge en bied toegang tot Tsabong (196 km) – let wel hierdie pad is geteer en word nie op Google Maps aangedui nie.

Molopo Lodge
Staanplek
Tentchalet
Die hoofslaapkamer
Die Villa se kombuis
  

Die oord bied verskeie verblyfopsies:

* Kampeerders word getrakteer met vars gebakte brood daagliks asook hulle eie privaatablusies met ’n stort, toilet en wasbak. Elke staanplek het ’n kragpunt, elektriese lig, wasbak, geplaveide blad met skadunet, tafel en twee bankies – en natuurlik ’n braaiplek!

* Molopo se standaardeenhede bied ’n sakpas alternatief vir die moeë reisiger. Dit het 2 enkelbeddens, badkamer en lugversorging.

* Molopo-rondawels is elkeen toegerus met plek vir drie gaste, lugversorging, badkamer, koffiestasie, kroegyskas en TV met satellietkanale.

* Molopo-chalets het ’n unieke buitelugkombuiskas met ’n volgrootte yskas/vrieskas, breekware, eetgerei, mikrogolf en ketel. Die Molopo-chalets het elkeen twee enkelbeddens, badkamer, lugversorging en TV met satellietkanale.

* Die tentchalets is op gesinne gemik en het slaapplek vir 4 gaste. Dit is ook toegerus met ’n unieke buitelugkombuiskas. Die badkamer is ’n hoogtepunt – dit is semi-opelug en bied ’n uitsig oor die natuurlike duin!

* Molopo-villas is vir die fynproewer. Dit bied ’n volledig toegeruste kombuis, privaatparkering, unieke badkamers, en koninggrootte beddens. Die hoofvilla het slaapplek vir ses en beskik ook oor sy eie privaatswembad.

Gebruik ons ander Lodges as jy jou toer beplan: Letsatsi is op Vanrhynsdorp net langs die N7 en Tshahitsi op Upington by die N14. 

Besoek die webwerf by: www.ncfamouslodges.co.za

Molopo Kalahari Lodge

Tel: 054 511 0008Fax: 054 511 0009

E-pos: namrod13@lantic.netnclodge@webmail.co.za 


’n Lafenis op pad na Etosha 

Total Petroport Otavi is ongeveer 370 km vanaf Windhoek geleë op die B1-roete na Etosha,  Ovamboland, of die Kavango-Caprivi. Die diensstasie bestaan sedert 1997 en mettertyd het die eienaars ’n restaurant, kwekery, biltongwinkel, slaghuis en ’n kitshoender-wegneemplek bygevoeg. 

Petroport Otavi het ’n 24 uur-bonjour-selfhelpwinkel, en die vulstasie het ULP95 (petrol), 50ppm-diesel en 500ppm-diesel beskikbaar.

As jy ’n noodgeval het, kan jou buiteband hier herstel word of jy kan die motorwassery gebruik. Die restaurant bied ’n lafenis met ’n uitgebreide spyskaart, en in die biltongwinkel kry jy ook droëwors, “chillibites” en die beste snitte vars vleis vir die braaivleisvuur of die pot. 

Petroport Otavi het die afgelope 15 jaar dieselfde eienaars en die personeel is baie vriendelik en behulpsaam.

Die vulstasie is omtrent ’n uur en ’n half se ry vanaf Namutoni. Die sentrum aanvaar krediet- en debietkaarte en het ’n OTM. Hier is 24 uur per dag ’n bestuurder aan diens.

Kontak: 

Petroport-diensstasie: +264 67 234292

Biltongwinkel: 264 67  234838

Restaurant: +264 67 234738

E-posadres: total@mweb.com.na

Total Petroport Otavi
Total Petroport Otavi
Total Petroport Otavi
Total Petroport Otavi
Total Petroport Otavi
Total Petroport Otavi