Klik hier vir die res van dié reisplan.


Dag 1

FOTO’S: SHELLEY CHRISTIANS (tensy anders vermeld)

Staan vroeg op, skink koffie in ’n termosfles, pak beskuit in ’n trommeltjie en mik vir Clarence-rylaan net anderkant Gordonsbaai. Kruie stadig al langs die hange van die Kogelberg: Proteas en speldekussings aan die een kant en die diepblou see aan die ander. Trek af by een van die inhamme, drink rustig koffie en wag vir ’n walvis of spannetjie dolfyne om verby te kom.

Hou aan met die pad verby Rooiels, Pringlebaai en Kleinmond. Op Hermanus kan jy afsaal by Burgundy vir ’n laatontbyt. Smul aan ’n croissant met roereier (R55) of twee geposjeerde eiers met geelperske-boerewors, hollandaisesous en biltongpoeier (R135) terwyl jy uitkyk oor die ou hawe (dalk kom vanoggend se walvisse nou hier verby).

Drentel deur die dorpie, loer in by Romantiques en Chilli Pepper vir ’n mooi emaljekoffiepotjie, Elvis-plate of ’n ou skoolbankie. Boekwurms kan snuffel vir vondste in Hemingway’s of Quirk & Leopard.

Van Junie tot November is dit walvistyd. Spits jou ore dan vir die roep van Bravo Thembinkosi, walvisroeper. Gearings Point langs die Ou Hawe is die beste plek om walvisse te soek, maar jy kan hulle van enige plek op die kranspaadjie af dophou.

In die somermaande kan julle gaan afkoel op Grottostrand. As julle kleuters het, mik sommer vir die getypoel onder die Marine Hotel.

Dié dorp tussen die berg en see het staproetes vir alle fiksheidsvlakke. Wandelaars kan al langs die kranspaadjie stap – die sementpaadjie (gemerk “Cliff path”) strek 7 km seelangs van die nuwe hawe af tot by Grottostrand. Nog ’n rustige opsie is die 1,2 km lange kontoerpad tot by Hoy se Koppie agter Hermanus Primary. Die Fernkloof-natuurreservaat (toegang is gratis) het ook verskeie staproetes (honde word op van die paadjies toegelaat).

Eet aandete by Bientang’s Cave-restaurant in die ou hawe – die see is so naby jy hoef nie sout op jou kos te gooi nie. Let wel, buite seisoen is Bientang’s net op Vrydag- en Saterdagaande oop. Indien julle nie oor ’n naweek hier is nie, is Rossi’s ’n goeie opsie. Hier is Italiaanse kos en jy kan die plaaslike Old Harbour Beer bestel.

DOEN DÍT

Voëlkykers, hou stil! Draai af by die Rooisand-natuurreservaatbordjie sowat 3 km anderkant Kleinmond (toegang is gratis). ’n Rolstoelvriendelike plankiespad loop tot by ’n netjiese voëlskuiling wat uitkyk oor die Botrivierstrandmeer – wees ook op die uitkyk vir die wilde perde wat soms hier wei.

Lus vir waterpret? Walker Bay Adventures bied feitlik heeljaar allerlei wateravonture aan, onder meer seekajak saam met walvisse en robbe, en kanovaarte op die Hermanus-strandmeer.

Dit kos vanaf R450 vir ’n twee uur lange begeleide toer.

082 739 0159; walkerbayadventures.co.za

Beste vis-en-tjips? Whale Coast Seafoods (in Adamstraat) se vis-en-tjips is tops (op die R43 in die rigting van Sandbaai; draai af by die CTM.) Dis ook hier waar jy die beste vars vis gaan kry vir braai. Proe hulle kerrievis! 028 313 1501; whalecoastseafoods.co.za BLY HIER Bespreek ’n strandhuis by hermanusholidays.co.za. Pryse begin by R600 p.n. vir twee, en styg na gelang van hoe ver jy van die see af is en hoeveel slaapplek dit bied.

BLY HIER

Bespreek 'n strandhuis by hermanusholidays.co.za. Pryse begin be R600 p.n. vir twee, en styg na gelang van hoe ver jy van die see af is en hoeveel slaapplek dit bied.

Die Windsor Hotel is waarskynlik die driesterhotel met die beste uitsig in die ganse land. Hier is goedkoper kamers sonder ’n uitsig, maar ’n dubbelkamer met ’n see-uitsig kos R1 820 p.n. Bederf jouself!

028 312 3727; windsorhotel.co.za

Bientang’s Cave: 028 312 3454; bientangscave.com

Burgundy: 028 312 2800; burgundyrestaurant.co.za

Chilli Pepper: 028 313 1285

Fernkloof-natuurreservaat: 028 313 0819; fernkloof.org.za

Hemingway’s: 028 312 2739

Hermanus-toerismekantoor: 028 312 2629; hermanus-tourism.co.za

Quirk & Leopard: 072 753 8940; quirkandleopard.co.za

Romantiques: 028 312 4226

Rossi’s: 028 312 2848; rossis.co.za