Melkbosstrand

Op Melkbosstrand kan jy jou tone in die sand (en in die koue Atlantiese Oseaan) woel, vars seekos eet en laatmiddag met ’n boetiekbier in die hand uitkyk oor die blou dam se branders, en dáái foto van Tafelberg neem.  

Kuslangs tot by Kleinmond

Clarencerylaan is die soort pad wat jy in Hollywoodstyl wil ry: in ’n Cadillac met ’n kolletjieserp wat in die wind wapper. Dít is ongelukkig nie ons almal beskore nie, maar bondel die kinders in die kar en mik vir dié pad waar dit voel asof jy op die see ry.

Houtbaai

Houtbaai is die poort tot wêreldbekende toeristekolle soos Chapmanspiekrylaan en Kaappunt. Maar trek af en kyk hoekom die plaaslike mense praat van die Republiek van Houtbaai.  

Darling

Verruil die stad se gedruis vir ’n dag se vars lug en veldblomme op die platteland. Darling is net sowat ’n uur se ry van Kaapstad af en al is dit ’n klein dorpie, het dit ’n hele paar dinge om te doen (en te proe!).  

Franschhoek

Parlez-vous français? Nie? Toemaar, Franschhoek is nie só Frans nie – Suid-Afrikaners kan ook hier kuier! Hier’s jou plan vir ’n dag wat met ’n berguitsig begin, ’n stukkie sjokolade en ’n glas wyn insluit en by ’n motormuseum eindig.