As jy die perfekte basis soek vanwaar jy die Suidkus kan verken, is TO Strand by Leisure Bay die plek om te wees. En boonop kan jy hierdie skoolvakansie afslag kry.

Hier is 80 huisies
Van binne

Jare gelede was TO Strand in Leisure Bay ’n lekker vakansieplek wat net vir onderwysers beskore was, maar deesdae kan enigeen sy tent hier kom opslaan of hom in die selfsorghuisies kom tuismaak.

TO Strand is nog een van daardie plekke waar jy jou kinders met gemoedsrus kan los om in die swembad te baljaar of op hulle fietse te rinkink. 

Kom kamp.


En die eindelose strand, wat jy met ’n hekkie vanaf die oord bereik, is een van die juwele aan die Suidkus. Dit bied regtig iets vir die hele gesin. 

Die mooiste sonsondergange.
Die strand in piekseisoen.
Leisure Bay.

Die oord is 52 jaar gelede aangekoop vir die onderwysers wat lede was van die destydse Transvaalse Onderwysersvereniging, maar deesdae is lede van die publiek net so welkom hier. 

Die oord het 135 staanplekke en 80 volledig toegeruste selfsorg-chalets wat elk 4-5 mense kan huisves. In vakansietye fokus TO Strand op gesinsaktiwiteite en kan jy op die foefieslaaid gly, boogskiet, met kajakke in die see roei, branderplankry en aan verfbalkompetisies en vele meer deelneem. 

Die klein restaurant binne die oord sit ligte middagetes voor en is bekend vir sy kontreikos, soos vis, calamari en skyfies, en regte Durbanse “bunny chows”.

Die swembad en restaurant.
Kom roei in die kajakke.
Lekker speelplek.
Wasgeriewe.
Kom trou op die strand.

Die oord is trots op sy veiligheid en vat hande met die plaaslike owerhede en die SAPD om besoekers veilig te laat voel op die strand en in die oord. 

Hier kan jy van die mooiste sonsopkomste in die land ervaar. Daar is lewensredders aan diens op TO Strand en haainette wat deur die Haairaad in stand gehou word.Hengelaars sal voordeel trek uit hierdie jaar se goeie sardynloop, wat ’n enorme klomp ander visse na die streek lok.

Nie-lede: witwarm-winteraanbod!

• Bespreek vir 7 nagte kampering en kry 3 nagte gratis – R3 030 per staanplek

• Ontvang 15% korting op selfsorgeenhede as jy 5 dae of langer bespreek. 

Kontak

Tel: 039 319 2729

E-pos: bookings@tostrand.net

www.tostrand.net