Kom kyk die sterre.
Jy is welkom!
Speelplek vir die kinders.

Dolf en Kinna de Wet het in 1998 amptelik die deure van die Withuis-gasteplaas oopgemaak, maar die eiendom het in 2012 al sy eeufees gevier. Dolf sr. is die derde geslag op die plaas. Sy seun, Dolf Jr., en sy vrou, Nita, het hulle in 2015 ook hier gevestig. Die Withuis het ’n pragtige museum waar kosbare herinneringe gekoester word.

Kom geniet die unieke natuurskoon, rustigheid en vrede van die groot oop vlaktes, die prentjiemooi sonsondergange en die sterre aan die naghemel. Vir die fikses is daar ’n heerlike staproete in die koppies agter die Withuis.

Swembad.
Rooskwartsjuwele.
Kom doen hier jou inkopies.

Die Withuis het ’n gerestoureerde plaasdam in ’n swembad omskep en daar is ’n lekker speelparkie waar woelige kinders van hul energie ontslae kan raak. Uitstappies na die Rooskwartz-uitstorting en Lithops (oftewel die Beeskloutjies) kan op versoek gereël word.

Die kampterrein.
'n Kamer.
'n Huisie.
Die kombuis.
Die eetkamer in die Withuis.
Die braaiarea op die stoep.

Kom eet ’n heerlike bord boerekos met pampoenkoekies, gebakte aartappels en organiese lamsvleis. Skaap- en wildsvleis is ewe gewild. Koop bevrore vleis vir die res van jou reis: tuisgemaakte boerewors, springbokfilette, braaipakke, skaaptjops, skaapblad, skaapnek, skaaprib, skaapskenkels, wildsbiltong en droëwors. Tuisgebakte koekies, beskuit en konfyt is ook beskikbaar. Hier is altyd hout en ys. 

Die Withuis bied ’n verskeidenheid verblyfsopsies om elke begroting te pas:

* Kampering: Elke staanplek het sy eie braaiplek, kraan, kragpunt en lig. Die gemeenskaplike ablusiegeriewe met stort, wasbak en toilet is binne loopafstand. Daar is ook gemeenskaplike opwasbakke en ’n wasgoedlyn beskikbaar.

* Tente: Ons het vier tente beskikbaar wat reeds opgeslaan is, en wat met behoorlike matrasse, beddegoed en handdoeke toegerus is. Dit is net van April tot einde Augustus beskikbaar.

* Studentekamer: Hierdie vertrek is ’n sakpas-alternatief vir ’n moeë reisiger. Die kamer het twee enkelbeddens, lugverkoeling, stort, wasbak en toilet. Die Withuis se gemeenskaplike sitkamer, eetkamer en kombuis is beskikbaar vir dié gaste.

* Klein Chalet: Die eenheid is toegerus met twee enkelbeddens, lugverkoeling, oopplankombuisie en buitebraai. Die badkamer het ’n stort, wasbak en toilet.

* Die familie-chalets: Elke eenheid is toegerus met ’n dubbelbed en stapelbed en kan 4 mense huisves. Hier is ook lugverkoeling, ’n klein oopplankombuisie, buitebraai en badkamer met ’n stort, wasbak en toilet.

* Die familie-kamers: Hierdie eenhede is almal binne die Withuis, het pragtige houtvloere en is toegerus met ’n dubbelbed en twee enkelbeddens (slaapplek vir 4). Hier is lugverkoeling, en die badkamer het ’n stort, wasbak en toilet. Die Withuis se gemeenskaplike sitkamer, eetkamer en kombuis is tot die gaste se beskikking.

Geniet die rus en vrede.
Geniet die natuurskoon.
Geniet die sonsopkomste.

Die Withuis is gelisensieer om alkohol te verkoop.

Wifi is beskikbaar in alle eenhede (ook in die kampterrein).

Die suide van Namibië is bekend vir sy versengende hitte in die somer en snerpende koue in die Winter. Pak maar sonbrandroom en ’n warm baadjie in!

Die Withuis-gasteplaas

Tel: +264 63 262 061 / +264 81 285 6484

E-pos: withuis@iway.na

Webtuiste: www.withuis.iway.na