Vanjaar kan jy dit in styl aanpak: op ’n trein- of vliegtoer saam met JB Train Tours

Die Kaap het reën gekry en die verwagting is dat Namakwaland ’n skouspel in Augustus en September gaan wees.

Kom reis per trein saam vanaf Johannesburg na Namakwaland en die Kaapse Weskus, bly oor in pragtige lodges en hotelle, reis per bus deur die blommestreek, eet kontreikos, proe heerlike plaaslike wyne en keer per vliegtuig terug na Johannesburg – alles onder die leiding van ’n ervare toergids.

Hierdie toere is baie veilig, nostalgies, goed georganiseerd, bekostigbaar en lekker.

Die reis sluit bestemmings soos Paternoster, Lambertsbaai, Nieuwoudtville, Piekenierskloof, Clanwilliam, Citrusdal en Langebaan in. Jy sal Voëleiland, die Sederberg, C. Louis Leipoldt se graf, vissersdorpies, historiese kerke en vele meer beleef.

Reis met die sakpas-toeristeklastrein of bederf jou met ’n premierklastrein soontoe (en vlieg terug). Beleef die blomme op hul beste ná ’n lang droogte.

Datums vir toeristeklastreintoer:

12 tot 17 Augustus, 19 tot 24 Augustus, 21 tot 26 Augustus, 26 tot 31 Augustus en 28 Augustus tot 2 September 2018.

Koste: Vanaf R8 100 per persoon (6 dae).

Datums vir premierklastreintoer:

23 tot 30 Augustus, 6 tot 13 September 2018.

Koste: Vanaf R14 950 per persoon (8 dae).

Datums vir Vliegtoer-pakkette:

Vliegtoerpakket (vlieg heen en weer): 6 tot 11 Augustus, 5 tot 10 September 2018.

Koste: Vanaf R7 600 per persoon (6 dae).

JB Train Tours is ’n gevestigde, betroubare reisonderneming wat sedert 1975 sake doen. 

Bespreek

Kontak Gerda:

Tel: 011 913 2442

E-pos: info@jbtours.co.za

Whatsapp: 060 859 7670

Webwww.jbtours.co.za   

Posbus 17406, Sunward Park 1470