Jacques Venter van Ballito het egter ’n makliker manier waarmee jy jou aas tot 500 m van die kant af kan ingooi. Jacques span ’n hommeltuig in waaraan hy sy Gannet-toestel koppel.

Die hommeltuig vlieg dus jou aas oor die water tot waar jy wil hengel. Wanneer dit op die regte plek is, druk jy ’n knoppie op jou hommeltuig se afstandbeheer en die tuig laat los die aas.

Nou kan jy tuna, snoek, geelstert en barrakuda die stryd aansê... iets wat in ander omstandighede nie maklik van die strand af moontlik is nie.

Jy kan selfs – soos jy die hommeltuig die water instuur – op die skerm loer waar jy visaktiwiteit sien en die aas net daar tussen die honger skool gooi en duim vashou vir ’n voorbarige blinklyf.

Die Gannet pas op al die groter hommeltuie en kan ’n aas met sy hoek en sinker van 450 g tot 2,5 kg dra.

Die toestel self weeg net minder as 50 g. Dit herlaai met die hulp van ’n USB-sok en jy kan dit dan tot 50 keer gebruik voor jy weer moet inprop.

Prys R2 000-R4 000 (vir die Gannet-toestel, sonder die hommeltuig).

Kontak admin@drone fishing.comdronefishing.com


Lees nog nuusbrokkies uit ons Junie-uitgawe hier.