Vlieg met Airlink na Vilanculos!

Die dorp se pragtige uitsigte en warm water het bygedra tot sy status as een van Mosambiek se voorkeur-vakansiebestemmings.

Sonsoekers is gaande oor die lang, ongerepte strande en warm temperatuur en hou daarvan om weg te lê aan Mosambiek se beroemde garnale en heerlike bier. 

Die dorp Vilanculos is ideaal vir ’n daguitstappie om die lewendige markte, helder kleure en tradisionele handvlytprodukte te beleef. Avontuurlustige reisigers kan gerus die mooi Mosambiekse platteland verken – dis net ’n kort 4x4-rit weg.

airlink
www.flyairlink.com
airlink
www.flyairlink.com

Die see rondom Vilanculos en Bazaruto- en Benguerra-eiland is ’n paradys vir waterliefhebbers. Die water is kristalhelder en snorkelduikers, swemmers of skubaduikers kan tot 40m ver sien. 

Dis een van die min plekke waar ’n mens skaars dugongs te siene kan kry wanneer jy duik, en hou ook jou oë oop vir walvishaaie, boggelrugwalvisse, seeskilpaaie en mantas. 

Ná ’n oggend in die water, kan jy op ’n dau (’n plaaslike seilboot) dryf terwyl jy vir middagete wag.

Jy kan selfs kyk hoe jy vaar met diepwaterhengel – Vilanculos en die omliggende eilande is bekend vir swartmarlyn en tuna.

airlink
www.flyairlink.com
airlink
www.flyairlink.com

Op ’n uitstappie na Bazaruto- en Benguerraeiland, sien ’n mens asemrowende koraalriwwe, waar kleurryke visse, bontpalings en rifhaaie graag kuier. 

As jy eers op een van dié paradyseilande is, sal die luukse verblyf en eindelose strande jou laat voel asof jy ontsnap het na jou eie private eiland.

Die uitsigte en kalm blou waters sal maak dat jy nooit weer wil teruggaan huis toe nie. Airlink vlieg direk van Johannesburg, of Nelspruit KMIA na Vilanculos, die poort na Bazaruto- en Benguerra-eiland. Dit was nog nooit so maklik om by dié mooi kusdorp uit te kom nie.


Gaan na flyairlink.com of praat met jou reisagent om jou wegbreek na dié paradys te bespreek.

airlink
www.flyairlink.com
airlink
www.flyairlink.com