Francois Soff, argitek, en Anton van Wouw, beeldhouer, het dié 37 m hoë gedenknaald van Kroonstad-sandsteen ontwerp. Emily Hobhouse, ’n Britse welsynswerker, het oorspronklik die monument se fokuspunt – ’n bronsbeeld van twee treurende vroue by ’n sterwende kind – geskets nadat sy op 15 Mei 1901 ’n soortgelyke toneel in die Springfontein-konsentrasiekamp aanskou het.

Hobhouse het die Noodfonds vir Suid-Afrikaanse Vroue en Kinders op die been gebring en, hewige teenkanting van baie van haar landgenote ten spyt, haar lewe gewy aan die ondersteuning van Boere-vroue en -kinders in konsentrasiekampe.

Hobhouse het ’n laaste keer deur die Suid-Afrikaanse platteland gereis om die monument op 16 Desember 1913 te onthul, maar moes weens haar verswakte gesondheid op Beaufort-Wes omdraai.

Toast Coetzer

Tibbie, pres. Steyn se vrou, het die onthulling namens haar waargeneem. In Hobhouse se toespraak, wat by die geleentheid voorgelees is, sê sy onder meer: “You are gathered here from all parts to consecrate this spot to women and children who were stripped of all… Husband and sons, houses and lands, flocks and herds, household goods and even clothing. Denuded, it was good to watch how yet they possessed their souls.”

Bronne: Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika deur Hermann Giliomee en Bernard Mbenga; www.vrouemonument.co.za; die Anglo-Boereoorlogmuseum 

ONS SOEK JOU KIEKIES
Het jy ou swart-wit foto’s wat die stories van toeka se toere, gesinsvakansies of avonture vertel? Stuur dit gerus na kyra.tarr@media24.com
Word deel van die Weg-wêreld

Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. Volg ons op die YouTube-kanaal  WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook