Dirk en Alti vertel...


      

Wat het ons gedoen?

Ons het die laaste episode oor ons toer van die Kwazulu-Natalse Suidkus by die Shaka-getypoel in Ballito afgeskop. Die poel is vol vissies en vlak genoeg vir die hele gesin. 

Hierna wou ons graag nog snorkel en het aangery na die Thompson Bay-getypoel. Dié poel is so groot soos ’n Olimpiese swembad en heerlik om in te swem en te snorkel. 

Ons het by die Salt Café naby aan die getypoel ontbyt geëet – die koffie is heerlik en mens kan ook hier iets soets koop. 

Salt Café:

Webblad: saltcafe.co.za
Tel: 032 525 5576

Ons het van hier af weer binneland toe beweeg na Club Venture, waar ons ’n foefieslaaid (zipline) gedoen het met ’n valskerm – die enigste van dié soort foefieslaaids in die wêreld. Club Venture het ook ’n waterwurm en ’n groot swembad. 

Club Venture
Webblad: www.clubventure.co.za
Tel: 032 942 8014

Nadat ons heerlik in Club Venture se swembad geswem het, het ons by die SandBar in Umdlotistrand gaan eet. Die mooi restaurant is teen die see geleë en die kos én diens is puik. 

SandBar
Webblad: sandbarkzn.co.za
E-pos: info@sandbarkzn.co.za

Op pad huis toe het ons op Pietermaritzburg by Butterflies for Africa stilgehou. Die tuin is vol vlinders en ander insekte wat jou ure lank sal besig hou. Hier is ook ’n koffiewinkel, kuriowinkel en ’n galery. Jy kan ook ’n  begeleide toer doen. 

Butterflies for Africa

Webblad: www.butterflies.co.za
Tel: 033 3871356

Ons laaste stilhouplek vir dié toer was die Kwazulu-Natal-museum. Die museum het onder meer die grootste versameling van opgestopte soogdiere in die Suidelike Halfrond. Sit sowat drie uur opsy vir jou besoek – dis baie interessant en hope pret vir almal. 

Kwazulu-Natal-museum
Webblad: www.nmsa.org.za
Tel: 033-3451404

Waar het ons geslaap? 
Ons het by San’s Place op Umdloti geslaap.

Kontakinligting:
Tel: 082 659 3139
E-posadres: sandy@vivasafaris.co.za
Webblad: www.sansplace.co.za

Nuwe episodes van Vrydag 4 uur word elke Vrydag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai, met heruitsendings op Saterdae om 19:30.